Watter voordele bied wysheid?
- Stephan Joubert
- Jul 1, 2019
- 1 min read

Spreuke se wysheid is nie net mooi praatjies nie. Wysheid moet uitgeleef word in die regte lewe. Hoor net watter voordele bied wysheid aan jou in Spreuke 8:
Wysheid is kosbaarder as die duurste edelstene. Dit is meer waardevol as alle aardse skatte (8:11)
Wysheid is gelyk aan insig en ware kennis (8:12). Om Wysheid te ken, is om die regte geestelike IK te hê. Dit is om op God se Top Tien te wees.
Wysheid is nederig (8:13). Dit keer dat jy te vol is van jouself.
Wysheid is om goeie raad te ken en om ’n suksesvolle lewe te leef (8:14)
Wysheid is om eer te geniet by God en mense (8:18).
Wysheid is om reg te leef en reg te doen. Daar waar wysheid is, word mense reg behandel. Daar word die pad van die Here opreg bewandel (8:20)
Wysheid is ware rykdom. In Wysheid se eie woorde: “Ek maak dié wat My liefhet ryk, ek maak hulle skure vol” (8:21).
Comments