top of page

Kom rus ’n bietjie

  • Stephan Joubert
  • Apr 25, 2019
  • 1 min read

Kom rus ’n slag by die Here se stil waters. Moenie al jou laste alleen dra nie. Jou skouers is veels te smal hiervoor. Kom sit dit neer by die Heer. Jy hoef nie met slim woorde of baie probleme te kom nie. Kom soos wat jy is. Kom in die Naam van Jesus. Kom rus ’n bietjie. Kom woordloos. Kom sit net aan sy voete. Kyk op. Wees stil. Luister. Leer. Beleef. Laat die Here jou hart verander in ‘n stoorkamer van sy liefde. Berg van nou af elke dag vars herinneringe in jou hart van God se ongelooflike goedheid in jou hart. Vul jou lewe met nuwe herinneringe aan elke gebedsverhoring, elke Goddelike ingrype, elke roering van die Gees. Laat God jou vreugde wees, nooit jou geld, jou goed, jou prestasies nie. Hierdie dinge gaan in elk geval nie vir altyd hou nie. Saai jou lewe in die hemelse landerye, dan oes jy ewige vreugde by God. Word ’n pelgrim wat rus, nie net reis nie. Wees iemand wat stil word by die Here. En wat elke dag nuwe krag kry by Hom. Dan leef jy regtig.


 
 
 

Comments


bottom of page