top of page

Hoe praat God oor Jesus?

Stephan Joubert

Jesus is die Seun van God. So word Hy amptelik aan ons bekendgestel in Markus 1:1. Maar God spreek Hom selfs nog meer intiem as dit aan as dit wanneer Hy in Markus 1:11 uit die hemel praat van sy Kind tydens Jesus se doop. God verwys hier na Hom as sy geliefde Seun. Jesus is die Een oor wie Hy so absoluut verheug en opgewonde is. “Dit is my Kind hierdie, dit is my spesiale, geliefde Seun,” basuin God dit voor die wêreld uit wanneer Jesus nou met sy publieke bediening begin. God weet Jesus gaan die bordjies verhang. Daarom juig en jubel Hy so.

Die Here gebruik nie miljoene engele met vurige swaarde om die wêreld tot inkeer te bring nie. Hy weet sy geliefde Seun is oorgenoeg en sterk genoeg hiervoor. Daarom dat God sy Seun se gesag nogmaals hardop onderstreep wanneer die belangrikste verteenwoordigers van die Ou Testament en die Nuwe Testament op ’n keer op ’n berg saam met Jesus is. Markus 9:2-8 vertel dat Petrus, Johannes en Jakobus saam met Hom op die berg is wanneer Sy voorkoms skielik helder begin skitter. Moses en Elia, die belangrikste verteenwoordigers van die Wet en die Profete daag ook op. Hierdie twee groot manne van die Ou Testament, saam met die drie apostels wat die Nuwe Testament verteenwoordig, hoor nou hoedat God uit die hemel sê dat Jesus sy geliefde Seun is. Hy is die Een na wie hulle almal moet luister!

God weet die heel beste wie Jesus is. Hy weet Jesus is sy geliefde Seun. Hy weet Jesus alleen verander die wêreld. Hy is die engste Hoop en Redder. God weet Jesus troon uit bokant die grootste figure van die Bybel. Ook hulle moet na Hom luister. Jesus is die Woord. Hy is die Seun van God. So mag ons Hom ook noem. So moet ons Hom ook eer en aanbid.


bottom of page