• deur Milanie Vosloo

Soek jy God se goedkeuring?


“As iemand My wil dien, moet Hy dus bereid wees om my voorbeeld te volg. Hy moet in enige situasie presies doen wat Ek sou doen; ja, in hierdie lewe moet hy aan die werk wees waar Ek graag sou wou werk. God self sal so iemand prys.” Johannes 12:26

Wonder jy soms hoe jy God se guns kan kry? Wat jy kan doen sodat Hy jou méér sal liefhê?

Die waarheid is dat niks wat ons doen God se guns kan verdien nie. Hy gee sy goedheid en genade aan ons omdat Hy wil. Omdat ons sy kinders is en omdat Hy ons onuitspreeklik liefhet. Wanneer ons iets besef van hierdie groot liefde van ons Vader, wil ons egter uit vrye keuse meer vir Hom doen, met groter toegewydheid sy wil leef en met passie sy soort liefde gee. Dan wil ons onsself in sy hand plaas sodat Hy ons kan vorm om meer soos Hy te wees. Dan wil ons gaan waarheen Hy ons lei.

Jesus was nie kieskeurig in sy liefde nie. Hy het God se grootheid aan alle mense verkondig, sy liefde oor almal uitgestort en op enige plek vir sy Vader gewerk. Jesus kon spontaan doen wat sy Vader van Hom vra omdat Hy Hom met sy hele hart liefgehad het.

Jy kan God se guns nie verdien deur meer te doen nie, maar wanneer jy Hom liefhet ... sál jy eenvoudig meer wil doen!

Help my om U met my hele hart lief te hê, Vader.


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: