• deur Coen Slabber

Leier Nuusbrief - November 2018


Vier grense vir elke bedieningsleier

Die hartseerste woorde wat deur bediningsleiers gepraat word, is dikwels maklik voorkombaar. Daar is baie leiers wat nou wens hulle was strenger met hulleself. Jesus wil hê ons moet genoeg integriteit hê om te sê: “My vryheid laat my dit doen, maar my hart sê dit is verkeerd.”

Grense is die grootste gawe wat ons vir onsself in bediening gee. Hulle verminder die gekompliseerde “ja’s” en “nee’s” Hulle help almal om ons om te weet wat om te verwag. Die leier wat geen grense stel nie, sal nie lank uithou nie. Hier is vier noodsaaklike grense wat leiers moet stel:

Die hartseerste woorde wat deur bediningsleiers gepraat word, is dikwels maklik voorkombaar. Daar is baie leiers wat nou wens hulle was strenger met hulleself. Jesus wil hê ons moet genoeg integriteit hê om te sê: “My vryheid laat my dit doen, maar my hart sê dit is verkeerd.”

Grense is die grootste gawe wat ons vir onsself in bediening gee. Hulle verminder die gekompliseerde “ja’s” en “nee’s” Hulle help almal om ons om te weet wat om te verwag. Die leier wat geen grense stel nie, sal nie lank uithou nie. Hier is vier noodsaaklike grense wat leiers moet stel:

1. Tyd

Almal van ons het tydsbeperkings. Tog struikel ons omdat ons prober om alles vir almal te wees. Baie leiers maak hulleself onbeskikbaar. Hulle ondersteuningspersoneel moet vir hulle instaan. Dit is nie vir alle leiers moontlik nie. Al is dit nie in plek nie, is dit nooit te laat om ‘n nuwe grens te implementer nie.

2. Aktiwiteit

Sommige leiers glo verkeerdelik dat daar geen plek buite hulle grense is nie. Ons glo ons kan enige plek enige tyd besoek om mense te bereik. Ons glo ons is sterk genoeg om in enige omgewing of plek te wees. Dit moet nooit oor gemak of voorkeur wees as ons by die evangelie kom nie. Ons moet egter steeds onderskeiding vir ons siele beoefen, want leierskap maak jou nie immuun teen uitbranding of sonde nie.

As ons tot alkoholisme gepredisponeer is weens ons familie genetika, is bediening in ‘n kroeg nie ‘n goeie keuse nie. As ons op ‘n stadium met pornografie gesukkel het, is ‘n bediening buite ‘n nagklub ‘n swak keuse. Natuurlik is beide plekke van bediening, maar ons moet God vertrou om iemand anders daar te gebruik.

Dit is nie net in plekke van bediening waar ons grense moet stel nie. As gelowiges moet ons ook standaard vir ons lewens hê. Dit beteken dat ons grense het om plekke waarheen ons kan gaan, maar nie sal gaan nie.

3. Verhoudings

Hierdie is miskien die grootste behoefte aan grense. Leiers moet terdeë bewus wees van die slaggate, die aanloklikhede en die kwesbaarhede in verhoudings sodat ons die korrekte grense kan bepaal. Jy moet grense vir verhoudings stel, maar hulle moet spesifiek vir jou wees.

4. Praat

Vandag bied sosiale media aan elkeen ‘n platform. Wyse gesprekke word toenemend moeilik om te kry. Die geraas is oorverdowend. Leiers moet bekend wees vir sterk en wyse Bybelse waarhede – sonder enige agenda in wat hulle sal en nie in die openbaar sal sê nie.

Alles wat ons dink, voel en ondersteun hoef nie van die preekstoel gepredik te word nie. Alles wat ons met ons gesin in die privaatheid van ons huis bespreek, hoef nie op Twitter geplaas te word nie. Daar is geen nodigheid vir ‘n leier wat Jesus volg om vloekwoorde of neerhalende taal te gebruik as woorde om te oortuig nie. God se woord is voldoende.

Ons het grense nodig. Grense is ‘n gawe. Leierskap is kosbaar. God is ons voorbeeld. Mag on versigtig stap met die invloed wat Hy aan ons gegee het. Mag ons Hom verheerlik.

Eienskappe van ‘n doeltreffende en openbare verskoning

Hierdie verskonings lyk dikwels geforseerd en bied verskonings aan vir die gedrag, maar skep ook twyfel oor die karakter en motiewe van die aanklaer.

‘n Opregte openbare verskoning is die eerste stap na genesing. Al is dit vrywillig en opreg is meer as net: “Ek is jammer,” nodig om genesing te bring, veral as die optrede baie pynlik en diep seergemaak het.

Die skrywers Dr. Gary Chapman (When Sorry Isn’t Enough) en Dr. Harriet Lerner (Why Won’t You Apologize?) het die behoefte aan die krag van en die eienskappe van ‘n doeltreffende verskoning beskryf. Elke opregte verskoning het die volgende eienskappe, nie noodwendig in hierdie volgorde nie:

  1. Die oortreding en die naam van die persoon teenoor wie verkeerd opgetree is. Om net te sê dat jy jammer is, voldoen nie aan hierdie vereiste nie.

  2. Erken die oortreding. Moenie die oortreding probeer minimaliseer nie; moenie verskonings maak nie, moenie die blaam probeer verskuif nie. Erken dat jy verkeerd was.

  3. Wys deernis met die persoon teenoor wie jy oortree het. Erken dat jy besef dat jy haar seergemaak het en haar in die verleentheid gestel het.

  4. Wys dat jy spyt is oor die oortreding. Erken dat jy sleg voel oor wat gebeur het en dat sy dit nie verdien het nie. Jy is opreg jammer.

  5. Vra vir vergifnis en stel haar gerus. Erken dat jy nie so met haar mag praat nie en dit is beslis nie hoe ek wil hê dat jy moet voel nie. Ek sal my beste doen om te keer dat dit weer gebeur.

  6. Erge emosionele wonde word selde onmiddellik genees. Daar mag ‘n opvolg uitdrukking nodig wees.

God het aan ons die genesingsiklus vir verhoudings gegee: van gewond na genees; van oortreding na vergifnis; van gebroke na herstel. Andrew Murray het geglo dat nederigheid die fundamentele waarde is waarop Christelike liefde moet staan en groei. Verskoning vereis nederigheid. Trots weier om verskoning te vra, want dit erken nie dat dit verkeerd is nie. Nederigheid wil dat die verhouding wen en gebruik die krag van verskoning.

Moet jou gemeente sy sosiale media strategie verander?

teen die tyd dat die kerk Facebook volledig aanvaar het, het baie lede en diegene wat die kerk wil bereik reeds aanbeweeg. 74% van alle Facebook gebruikers het hulle verbinding met hierdie sosiale platform in die afgelope jaar aangepas (Pew Research):

  • 54% het vir etlike weke besluit om te rus van sosiale media;

  • 26% het die toepassing van hulle foon verwyder; en

  • Baie het beide gedoen.

Jonger gebruikers het meer algemeen gesê dat hulle een van die drie gedoen het. Mense tussen 18 en 29 het byna vier maal meer verander as ouer mense ouer as 65 jaar (42% teenoor 12%). Onder tieners is Facebook minder gewild as ander platforms.

Kerke het ‘n uitdagende taak om sosiale media as hefboom te gebruik om binne- en buitestaanders te bereik. In ‘n navorsingsoorsig deur Pew Research gedoen in 2018 sê 51% van jongmense tussen 13 en 17 jaar dat hulle Facebook gebruik, maar 85% is op YouTube, 72% is op Instagram en 69% op Snapchat. Drie jaar gelede het 71% in hierdie groep Facebook gebruik – in drie jaar het die gebruik met 21% geval.

Die platforms wat verkieslik gebruik word, is:

  • Facebook 10%

  • Snapchat 35%

  • YouTube 32%

  • Instagram 15%

Hierdie afname in die gebruik van Facebook het saamgeval met gemeentes wat toenemend Facebook gebruik as deel van hulle bedieningstrategie. In 2010 het net 47% van gemeentes ‘n Facebook bladsy gehad. In 2017 het hierdie getal to 84% gestyg. Net 16% van gemeentes gebruik Twitter en net 13% Instagram.

Die problem is die gebruiker. Gemeentes het dus ‘n ontsaglike taak om sosiale media platforms te gebruik om mense te bereik – binne en buite die gemeente – want die platforms is toenemend versprei onder verskeie platforms

Net 23% van gemeentes kyk pro-aktief na nuwe tegnologie wat hulle mag help, maar as gemeentes mense op sosiale media wil bereik, moet hulle verder as net Facebook en die gemeente se webblad moet gaan. Jy hoef nie ‘n kundige te wees nie. Jy hoef nie elke dag op elke platform iets te plaas nie Kyk net na maniere om verder te gaan as wat jy tans doen.

Volgens die navorsing sal ouer leiers en leiers in klein gemeentes nie maklik nuwe tegnologie gebruik nie. Onthou iewers in die kerkbanke is iemand wat op datum is met die nuwe tegnologie. Dit is ‘n baie goeie manier om jongmense betrokke te kry by die gemeente se bediening. Hulle ken sosiale media en kan jou help om ander te bereik.

Al weet jy nie watter sosiale media jou lidmate gebruik nie, kan jy aanvaar hulle het ‘n selfoon. As jy gereeld en vining met jou lidmate wil kommunikeer. Moenie hulle elke dag toegooi onder boodskappe nie. Maar vir spesiale geleenthede is dit baie effektief. Lifeway Research bevind egter dat net 40% van gemeentes ‘n diens vir teksboodskappe aan groepe gebruik.


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

logo snapscan.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: