• deur Milanie Vosloo

Kan ander vóél waar jou woorde vandaan kom?


’n Gelowige se woorde is soos ’n borrelende fontein. Dit bemoedig hulle, troos hulle, wys hulle die regte pad. Spreuke 18:4

John Woolman 'n kleremaker, het op eie stoom daarin geslaag om slawerny afgestel te kry baie jare voor die groot Amerikaanse Vryheidsoorlog omdat hy geglo het dat God nie diskriminasie kan uitstaan nie. Hy het dit gedoen deur oral daaroor te praat en het homself sterk daarteen uitgespreek, maar kon dit altyd met ’n hart vol liefde doen. So het hy op ’n dag met met 'n klompie Indiane gesels. Daar was egter geen vertaler nie. Toe staan een van hulle leiers op en plaas sy hand op Woolman se bors. "Ek hou daarvan om te voel vanwaar mense se woorde kom, dan verstaan ek regtig wat hulle sê," het hierdie Indiaan opgemerk.

Hoe dink jy voel jou woorde vir ander mense? Is jou woorde sag en vol warmte? Of is dit dalk byterig en stekerig en maak dit seer? CJ Langenhoven het op ’n dag gesê: Ek het my eenmaal voorgeneem om heeltemal opreg te wees en ieder man padlangs te sê wat ek van hom dink; maar ek het die koers bedank toe my bure teen my ook begin opreg word, het.

Sagte woorde word in ons harte geskep en in ons gedagtes gevorm. Mag jou hart en jou gedagtes so vol wees van God se liefde dat ander iets daarvan in jou woorde sal voel.

Here, help my op op U te fokus sodat die woorde uit my mond uit u liefde vloei.


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

logo snapscan.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: