• deur Milanie Vosloo

Geniet die Woord


Toe jy nog klein was, het jy al die Skrif gelees. Jy kan baie daaruit leer ... 2 Timoteus 3:15a

Die Bybel is nie aan ons gegee om net nog ‘n lys verpligtinge op ons te plaas nie. God het die Skrif nie vir ons gegee om nog ‘n moet-doen-ding by ons lys van “Christelike pligte” te plaas nie. Dis vir ons gegee om te geníét. Om ons moed in te praat wanneer ons hooploos na die lewe kyk; om ons te troos wanneer ons deur ons trane antwoorde probeer vind; om ons te lei as ons rigtingloos wonder wat die regte pad is en ons sommer net te leer om die lewe regtig te lééf.

Geniet jy die Skrif? Is dit vir jou lekker om daagliks met die Bybel sommer net voor jou te sit en dan met God te praat oor wat jy daarin lees? Die waarheid is dat, hoe meer ons die Woord lees, hoe lekkerder word dit; hoe meer gedeeltes ons memoriseer, hoe makliker kan ons die aanvalle van die bose teenstaan en hoe dieper ons daarin delf, hoe meer skatte vind ons.

Kom ons ontdek die Bybel in die maand sommer net weer van voor af. Ja, kom ons maak tyd om weer die ou bekende en nuwe gedeeltes te lees en vra die Gees om dit wat ons oë lees in ons harte in te dra.

Maak tyd om die Woord te geniet. Dis ‘n onuitputlike Bron van bemoediging, wysheid en kennis.

Dankie vir elke woord van seen wat U my gee, Here.


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: