• deur Stephan Joubert

Leef sinneloosheid uit die pad


“Alles kom tot niks.” So sê die Prediker meer as ’n dosyn keer deur die loop van sy aangrypende boek. Nog erger, alles is volgens hom ook ’n gejaag na wind. Orals hardloop mense net agter wind aan. Orals vang mense hande vol hiervan. Op wie weet hoeveel plekke in die lewe loop die Prediker hom vas in sulke sinneloosheid. Dwaasheid wen orals. In dieselfde asem weet hy die lewe is onregverdig, want dieselfde lot tref almal. So lees ons in die eerste verse van hoofstuk 9. Maar alles is darem nie hoop-verlore nie. Op verrassende plekke vind die Prediker wel betekenis. Dit gebeur veral rondom etenstafels. “Eet jou brood met vreugde,” sê hy nie minder nie as vyf keer. Skep jou eie vreugde, met ander woorde. Doen dit egter in God se teenwoordigheid. Omskep elke eet-geleentheid in ’n fees-geleentheid saam met Hom. Verwelkom die Here as Eregas en Gasheer by jou lewenstafel, dan verander elke skewe snytjie brood saam met geliefdes en vriende in ’n Koninklike ete. Ete vir ete en kuier vir kuier systap jy in die Here se Naam al daardie sinneloosheid wat dreig om die lewe te oorspoel.


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

logo snapscan.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: