top of page

Panda/Beer en sy wollerige maats [resensie]

deur Marius Nel


Ons kinders word groot met elektroniese hulpmiddels soos ipads, Android-tablette en slimfone. En tog vind ek dat niks daarby kom as wanneer ek vir my kleinkinders stories uit boeke lees nie. Die genot van ‘n boek se oopmaak, sy reuk en die kleure op sy bladsye boei kinders, selfs al word hulle ook ouer.

Hier het Christian Art twee boeke gepubliseer waar die kind op elke bladsy die storie “voel”, in die vorm van materiale wat slim gebruik word. Dit is kort verhale maar treffend omdat dit op die man af die boodskap oordra: die Here het hase, bere en voëls gemaak, en ook vir jou. En jy maak vir Hom saak.

Die ander verhaal handel oor Noag en sy ark, en die diere wat in die ark opgeneem is. En die boodskap is: Die mooi reënboog se koms is ‘n teken dat God baie lief is vir ons.

Twee vat-en-voel storieboeke wat elke kleiner kind se hart gaan steel. Dankie vir ‘n uitstekende konsep wat die kind se bevatlikheid akkommodeer!


bottom of page