• deur Milanie Vosloo

Watter beer voed jy?


Moenie toelaat dat dinge wat nie vir Jesus belangrik is nie, vir julle belangrik word nie … Bestee liewer al julle tyd aan dinge wat vir Jesus belangrik is. Kolossense 3:2a,c

’n Jong seun het eendag vir sy pa gevra hoe hy dit kan regkry om altyd positief oor die lewe te wees. Sy pa het lank daaroor nagedink en toe gesê: In elkeen van ons sê gedagtewêreld is daar twee bere. Daar is ‘n vriendelike, goedhartige en goeie beer sowel as ’n wraaksugtige, aanvallende en slegte beer. Hierdie twee baklei die hele tyd met mekaar. Soms is die een sterker as die ander een en ander kere andersom. Die beer wat ons die meeste voed, is die een wat die meeste van die tyd oorwin. Die ander een … sal mettertyd van honger doodgaan.”

Nie een van ons is altyd net positief nie. Net so is dit soms verstommend om te sien hoe iemand wat baie swaar kry, met ’n positiewe gees deur die lewe gaan. Duidelik is daar waarheid in John Milton se woorde wanneer sê: Ons denke kan van die hemel hel maak of van die hel, hemel.

Watter gedagtes voed jy?: Die soort denke wat die die hele tyd angstig is, bekommerd bly en negatief is of dié gedagtes wat vrede, liefde, tevredenheid en dankbaarheid dink?

Bid elke dag dat die Gees van waarheid jou meer en meer met Hom sal vul en jou sal help om op sy positiewe krag in jou gefokus te bly.

Here, voed heeldag my gedagtes met u waarheid asseblief.


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

logo snapscan.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: