• deur Marietjie Joubert

Genade kom in verskillende verpakkings


2 Korintiërs 12:8-9

Soms beleef ‘n mens genade wat jou van onveiligheid na veiligheid bring. Op ‘n onlangse vakansie, beleef ons iets van die dringendheid om na veiligheid te kan vlieg. Die sikloon Iris is oppad na ons destinasie, en ons kan vlieg op die laaste vlug, weg van die gevaar. Dit was nie lewensbedreigend nie, maar as ons nie sou vertrek nie was ons gestrand vir ten minste twee dae wat sou maak dat ons ook ons ander konneksies sou verpas. Dankbaar sit ons in die vliegtuig met stormwinde van 80 km per uur net buite die vliegtuig. Nog nooit het ek so baie reën gesien nie. Die weervoorspelling se vooruitsig was ‘n honderd persent kans op honderd millimeter reën en meer.

As mens nou terugstaan en kyk, vul mens se hart met dankbaarheid vir goeie beplanning en veiligheid. Genade kom in verskillende verpakkings. ‘n Laaste vliegtuig na veiligheid, medisyne vir ‘n bedreigende siekte, ‘n goeie tandarts vir ondraaglike tandpyn of sommer net goeie vriende wat opreg omgee. Ons leer hier by Paulus dat ons nie vir God moet vra vir krag nie, maar vir genade. God se genade moet vir ons genoeg wees.

Maak nie saak wat die probleem is wat oor jou pad kom vandag nie, vra vir jou porsie genade om dit te hanteer. Maak nie saak hoe groot of hoe swaar dit is nie, die wete dat jy genade ontvang van die Hemelse Genade uitdeler, sal jou elke dag bakhand laat staan voor die hemelse deure.


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: