• deur Stephan Joubert

Is jy ‘n skaap?


As jy vir mense sou vra wat is hulle gunsteling psalm, dan sal nege uit tien dadelik vir jou sê dis Psalm 23. Vreemd genoeg is dit slegs mense se gunsteling psalm sonder enige verdere effek in hulle lewens. Nooit beland die taal van Psalm 23 op hulle lippe nie. Ek meen, hoeveel mense het jy die afgelope week hoor sê: “die Here is my herder?” Trouens, het jyself dit al gedurende die afgelope tyd gesê? Ons sê baie dinge oor God, soos dat Hy in beheer is, dat Hy almagtig is, ensovoorts, maar min van ons sê ooit die Here is ons herder. Nog minder hoor jy uit enige gelowige se mond dat hy of sy ’n skaap is. Nogmaals, het jyself dit al gesê. Dit klink net te vreemd vir woorde. Ons as Christene is eerder warriors of dapper vegters, maar skape? Nooit as te nimmer! En tog kan die Here slegs ons herder wees as ons bereid is om sy skape te wees. Skape is swak en weerloos. Hulle kan nie vir hulleself sorg nie, soos wat gevaarlike diere soos leeus en luiperds wel kan doen. Skape benodig ’n herder. Jy en ek ook.


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

logo snapscan.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: