top of page

Answering the toughest questions about God and the Bible [resensie]

deur Marius Nel

Kan ek die Bybel vertrou? Is die inligting wat die Bybel oor God verskaf waar? Hoe kan ek wéét dat God werklik bestaan? Hoekom is dele van die Bybel so moeilik om te snap? Hoe kan Christene beweer dat daar slegs een manier is om vrede met die Skepper te maak, en dit is deur Jesus Christus? Ons praat van een God, maar ook van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Hoe pas die drie in die prentjie? Is God werklik in beheer, ook in ‘n tyd as Hitler se ideologie derduisende Jode voor die voet uitgeroei het? Hierdie en soortgelyke vrae kom dikwels by denkende gelowiges op, en kan bydra tot twyfel. En dit is die vrae wat in dié boek onder die loep geneem word.

Die twee skrywers gee nie voor om al die antwoorde te hê nie, maar hulle eerlikheid is soos ‘n verfrissende windjie op ‘n warm dag (of ‘n warm kombers op ‘n koue dag!) Met realisme en humor gesels hulle oor die belangrike vrae, waarvan sommige duidelike antwoorde het. En vestig hulle jou geloof op wat saak maak – die Een wat lewe in sy hand hou.

Vir mense wat dink en twyfel is daar duidelike Bybelse presedente in Abraham wat met tyd God se belofte aan home n sy vrou begin betwyfel en sake dan in eie hande neem of Moses wat met tye gedryf word deur sy vertwyfeling oor God se vermoë om die Israeliete uit Egipte te red of Tomas wat nie kan glo dat Jesus werklik opgestaan het nie tensy hy sy vinger in die wonde van sy Heer kan druk.

Hier kry jy tien probleemkomplekse waaruit verskeie ander vrae ook vloei, geargumenteer vanuit die Bybel en toegepas op Bybelse en kontemporêre situasies en só geskryf dat dit jou kennis oor God en die Bybel vermeerder asook jou geloof bou.

‘n Interessante boek wat in sekere opsigte mense se geestelike lewe kan red, omdat dit een van die vyande van geloof aanspreek, naamlik redelike twyfel.


bottom of page