• deur Milanie Vosloo

Loop jou pad met vertroue


Jou hele lewe lank sal niemand jou kan oorwin nie. Ek sal by jou wees soos Ek by Moses was. Ek sal jou nooit in die steek laat of jou alleen los nie. Wees sterk, vertrou My blindelings. Josua 1:5-6a

God is altyd getrou aan sy beloftes. Ook wanneer Hy iemand vir ‘n spesifieke taak roep. Soos vir Josua – die man wat ‘n waardige opvolger van Moses was en wat geweet het dat Hy slegs met die hulp van die Here die beloofde land kan inneem. Dis moes nogal vir Josua ‘n intimiderende gedagte wees om die groot skoene van sy voorganger vol te moet staan. Maar Josua doen dit vol vertroue, want Hy hoor hoe die Here hom belowe dat Hy hom nooit in die steek sal laat nie.

Is daar dalk iets in jou lewe waarteen jy opsien? ‘n Taak of opdrag wat vir jou net té groot en té onmoontlik voel? Dalk voel jy soos Moeder Theresa: “Ek weet God sal my niks gee wat ek nie kan hanteer nie. Ek wens net Hy het nie so ‘n groot vertroue in my gehad nie.” Weet dan dat as jy in afhanklikheid aan Hom jou pad loop, Hy jou op wonderlike maniere eenvoudig daardeur gaan dra.

Loop die volgende tree van jou pad met vertroue in die wete dat jou Vader by jou is en dat niks of niemand jou kan oorwin nie.

Vader-God, ek weet ek kan niks sonder U doen nie. Maar ek weet ook dat ek alles sáám met U kan oorwin.


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

logo snapscan.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: