• deur Milanie Vosloo

God antwoord ... soms op nommer 99


Abram het die Here geglo. Vir die Here was dit goed dat Abram so op Hom vertrou het. Genesis 15:6

Soms bid ons vir dae, maande en jare oor iets en dan gebeur daar … niks! Dis asof die uitkoms maar net nie kom nie en ons gebede nie beantwoord word nie. En dan sukkel ons soms om ons Vader te blý vertrou. Dis sulke tye wanneer ons weer die Woord-beloftes ons eie moet maak en moet onthou dat ons ‘n God aanbid wat onder alle omstandighede en deur alle tye getrou bly. En wanneer ons so blý vertrou, blý glo en blý bid ... dis dan wanneer ons Vader ons gebede beantwoord op maniere waaraan ons self nooit sou kon dink nie. Dis dan wanneer Hy uitkoms, antwoorde en seën gee meer as wat ons ooit gevra het.

Miskien beleef jy ook op die oomblik nommer-99-geloof en wonder jy of en wanneer jou Vader dan uitkoms gaan gee. Onthou dan: Jou Vader hoor jou hart, weet wat jou behoeftes is en ken jou toekoms. Bly jy maar net getrou. Hy ís! En Hy is nooit te laat nie!

Hoor vandag die woorde: “Ek sal my ooreenkoms met jou nakom, en met jou kinders. Wat ek beloof het, geld vir altyd. Ek sal ook hulle God wees soos Ek joune is.” Genesis 17:7

Here, dis nie altyd maklik om te blý glo nie. Help my asseblief daarmee. Help my glo dat U wel sal antwoord: selfs wanneer dit vir my voël op U te laat is.


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: