• deur Ashe Steenbok

Registrasie


Wat moet ek nou gaan swot? Twee jaar gelede het God my geroep tot sy diens by ‘n jeugkamp, maar my pa se woorde oor die bediening spook by my: “die water is koud!”. Hy het destyds ‘n moeilike gemeente gehad. Wag… kom ons praat bietjie oor die stelling!!

Hoekom sê predikante altyd hulle het ‘n moeilike gemeente terwyl dit net ‘n paar persone in die gemeente is wat hulle probleme gee? Dat die minderheid so jou sig belemmer dat jy die hele gemeente later sien as moeilik-wees. Daar is wel ook gevalle waar ‘n mens ‘n moeilike predikant kry… wat soos ‘n tiran rondvaar en mense op die vingers tik. Dit het ek ook al gesien. Wanneer ‘n proponent of predikant aansoek doen vir ‘n pos by ‘n gemeente wat adverteer dan moet die predikant ‘n CV aanheg… soms ook n video clip van ‘n preek en deesdae watter boeke lees jy tans. Vir die grap het ek nou die dag aansoek gedoen vir ‘n pos en twee tipe boeke opgeskryf… ’n Karl Bart-boek en ook Kenneth E. Hagin. Hagin skryf ‘n baie interessante boek oor die outoriteit van die gelowige, maar ek was sommer opsetlik om die reaksie te sien van die paneel want die twee boeke staan in verskillende pole. Wat ek wel wou sê is dat ek wonder of ons wat aansoek doen by gemeentes ook vir gemeentes moet vra vir CV’s om te hoor hoe hulle oor die Here voel?

Maar nou my oorspronklike vraag- wat moet ek gaan swot? Dus deesdae baie moeilik vir tieners om die besluit te maak. Daar is soveel moontlikhede en jy moet veral kophou met wat die mark verlang? Die kunste bied nie juis ‘n versekerde inkomste nie…ook nie teologie nie. Ek wou ook nog altyd ‘n brandweerman word.

Op die ou end draai ek te lank en daar’s net een kursus nog oop- polimeer chemie- ingenieur. Ek besluit om maar op daardie ingenieursbus te klim net soos my broers. Ek besef gou in die kursus dus nie vir my nie, maar geld groei nie aan bome nie en ek moet dit klaar maak. Jare later beland ek by Volkswagen as ingenieur… maar daar krap iets aan my.


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: