• deur Alet Gardner

Dieet: Groen smoothies en pienk flaminke


Ek en ‘n vriendin het ‘n tyd gelede die wonderlike ondervinding gehad om saam met wyle Lucas Maree en twee van sy dogters in Meiringspoort te gaan proe hoe regte egte bergwater smaak. Toe een van die meisiekinders haar toon stukkend stamp, het Lucas ewe rustig die wond verbind met ‘n blaar wat hy met grassies om die toon vasgebind het.

Hierdie toneeltjie laat my dink aan die bome wat Esegiël 47 beskryf, ‘n treffende voorbeeld van hoe my lewe as Christen behoort te lyk: ‘n immergroen boom wat by die water geplant is, met blare wat genesing bring; ‘n boom wat vrugte dra op sy tyd, die “Paradys-dieet” wat vir ander tot seën is.

My Voedingsleer professor het vas geglo dat die enigste kliere wat ‘n gewigsprobleem kan veroorsaak, ons speekselkliere is wat oortyd werk. Terwyl ons vandag weet dat dit nie die volle waarheid is nie, steek daar tog iets in. Om meer te eet as wat ek nodig het, veral van die verkeerde voedselsoorte, gáán tot probleme lei. Ek self het gevind dat, hoe meer ek daarop fokus om die regte voedingstowwe in te kry, hoe meer waardeer ek dit, smag ek selfs daarna. Dan is ‘n beet-smoothie of ‘n groen smoothie naderhand net so lekker as sjokoladekoek én dit doen net goed en niks kwaad nie!

In die natuur sien ons hoedat hulle voedsel flaminke se kleur beïnvloed: flaminke wat gaarnaaltjies (brine shrimp) en blougroen alge eet, is pienk, en dié wat slegs blougroen alge eet, is selfs donkerder pienk. Vir my as volgeling van Christus is dit van die uiterste belang dat ek die regte dieet sal volg: die Woord van God, die Bybel. Deur gereeld genoeg daarvan te “eet”, gáán ek die kleure van ‘n Christen hê, gáán ek blare van genesing dra en Paradysdieet-vrugte wat vir baie ander tot seën sal wees.


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

logo snapscan.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: