• deur Coen Slabber

Leier Nuusbrief November 2017 Deel 1


Hoe kan ek onthou wat ek gelees het?

“I cannot remember the books I have read any more than the meals I have eaten; even so, they have made me.” Ralph Waldo Emerson

Dit gaan nie oor wat ons lees nie, maar oor hoe ons lees. Passiewe lesers vergeet dinge feitlik sodra hulle dit lees. Aktiewe lesers onthou die meerderheid van wat hulle lees. Passiewe lesers wat baie lees teenoor passiewe lesers wat min lees, is nie beter af nie. Vir ‘n aktiewe leser is dinge anders. Hulle ontwikkel ‘n raamwerk waaraan hulle idees hang. Wat onthou nog verder verbeter. Hulle leer om goeie argumente en strukture van swak argumente te differensieer. Hulle neem beter besluite, want hulle weet wat by die basiese struktuur van hoe die wêreld werk, inpas; hoe meer hulle lees, hoe meer weet hulle waarvoor hulle moet uitkyk.

Selfs vandag onthou ons nog dinge wat ons in die skool bestudeer het. Die besonderhede is vaag, maar ons onthou die hoofkarakters en belangrike temas. Ons het nie daardie boeke net passief gelees nie, ons het aktief gelees en klasbesprekings gehad. Jy moet ‘n doelgerigte strategie hê vir alles waaraan jy heelwat tyd bestee. Die meeste mense probeer nie doelgerig om die meeste te kry uit wat hulle lees nie. Om die meeste uit ‘n boek te kry, moet ons ‘n plan hê. Hoe doen ons dit?

  1. Kwaliteit is beter as kwantiteit.

  2. Spoedlees is onsinnig.

  3. Dienste wat boeke opsom mis die punt. Hierdie opsommings word dikwels deur jongmense sonder lewenservaring geskryf. Die punt van lees is om ‘n bron van feite en besonderhede op te bou. Nuanse in hierdie sin beteken jy verstaan ‘n bietjie meer oor hoekom dinge werk.

  4. Wonderlike toeps en instrumente is nie nodig nie – ‘n pen is goed.

  5. Ons hoef nie dinge te lees wat ons vervelig vind nie.

  6. Ons hoef nie ‘n hele boek klaar te maak nie.

  7. Kies jou boeke met wysheid

Dit is nie die skool nie. Daar is nie ‘n lys boeke wat gelees moet word nie. Fokus op ‘n kombinasie van boeke:

  • Wat die toets van die tyd deurstaan het;

  • Jou belangstelling prikkel,

  • Aanklank vind by jou huidige situasie.

8. Kry konteks.

Doen vooraf so ‘n bietjie navorsing oor die boek. Dit is ook goed om iets van die lewe van die skrywer te weet.

Kom ons kom nou by ons skema vir lees om beter te onthou:

1. Weet hoekom jy die boek lees.

Is dit bloot vir vermaak? Of is dit om iets te verstaan wat jy nie weet nie? Om ‘n vaardigheid aan te leer? Jy moet ‘n idee hê van wat jy uit die boek wil hê. Jy wil nie eindelose hoeveelhede nuttelose inligting versamel nie. Dit sal jy nooit onthou nie.

2. Lees vlugtig die inhoudsopgawe, inhoud en voorwoord.

Die bibliografie kan ook help om die aard van die boek te bepaal. As jy klaar gelees het, gaan terug na die bibliografie en teken aan watter boeke jy graag in die toekoms wil lees.

3. Laat die boek by jou situasie en plek inpas.

Dit is nie altyd moontlik nie. Boeke resoneer beter by jou as hulle deel van ‘n ondervinding kan word en dit nie net daartoe byvoeg nie. As jy ‘n boek uitsoek, kyk na iets wat jou sal help om jou huidige uitdagings te oorwin. Maak nie saak wat jou situasie is nie, iemand was alreeds vantevore in ‘n soortgelyke situasie. Iemand het al dieselfde gevoelens gehad en dieselfde gedagte gedink. Jy moet net daardie boek kry. Boeke kan net so kragtig soos medisyne wees.

Nou kom ons uiteindelik by die lees self. Hier is ‘n paar dinge wat ons kan doen:

1. Maak notas

Waarskynlik die belangrikste om te doen as jy graag wil onthou wat jy lees. Jy moet jou eie sisteem ontwikkel. Daar is nie een sisteem wat vir almal werk nie. Begin deur ‘n kort opsomming van elke hoofstuk te skryf. Soek die noodsaaklike elemente. Onderstreep belangrike paragrawe en skryf notas in die kantlyn.

2. Bly gefokus

As jy lees fokus op die boek en op niks anders nie. Geen selfoon of e-posse nie. Geen staar in die lug nie. Fokus is harde werk.

3. Merk die boek

As kinders is ons geleer om boeke as iets heilig op te pas. Moenie die bladsye vou nie, moenie merke maak nie, moenie in die kantlyne skryf nie. Hoe meer jy skryf, hoe aktiewer is jou denke.

4. Stop en bou ‘n beeld

As jy by ‘n belangrike gedeelte of konsep kom, staan stil en visualiseer. Dit maak die beeld so duidelik en treffend as moontlik.

5. Bou skakels in jou denke

Deur duidelike skakels in jou denke te bou is ‘n doeltreffende manier om enigiets te onthou. Elke konsep kan aan verskeie ander geskakel word. Boeke bestaan nie in ‘n lugleegte nie.

The bond between book reader and book writer has always been a tightly symbiotic one, a means of intellectual and artistic cross-fertilization. The words of the writer act as a catalyst in the mind of the reader, inspiriting new insights, associations, and perceptions, sometimes even epiphanies. And the very existence of the attentive, critical reader provides the spur for the writer's work. It gives the author confidence to explore new forms of expression, to blaze difficult and demanding paths of thought, to venture into uncharted and sometimes hazardous territory. (Nicholas Carr)

6. Sit dit neer as jy verveeld raak

Mense wat van lees hou, voltooi nooit ‘n swak boek nie. Maak die boek toe en begin ‘n ander een

Die basiese proses van leer bestaan uit nadenke en terugvoer. Ons leer idees deur ondervinding. Hierdie idees word nie uitgedaag nie tensy ons oor hulle nadink. As jy lees en jy maak nie tyd om na te dink oor wat jy gelees het nie, is jou gevolgtrekkings maar wankelrig.

Doeltreffende Denke

Het jy ‘n besluitnemingsproses? Gebruik jy groot idees van verskillende dissiplines? Neem jy stappe om kognitiewe vooroordele uit te skakel? Het jy die probleem geïdentifiseer en weet jy hoe sukses lyk? Sommige van ons dink beter as ander. Hoekom?

Ons dink briljante denkers word so gebore. Op een of ander geheimsinnige manier produseer hulle briljante idees. Daar is sekerlik genetiese uitsonderings, maar die oorgrote meerderheid mense wat ons as briljant beskou gebruik hulle denke anders. Hulle gebruik leerbare gewoontes van denke, wat hulle in staat stel om die wêreld anders te sien. Om domheid uit te skakel is makliker as om briljantheid te soek.

It is remarkable how much long-term advantage people like US have gotten by trying to be consistently not stupid, instead of trying to be very intelligent – Charlie Munger.

Edward B Burger en Michal Starbird se The Five Elements of Effective Thinking beskryf praktiese maniere om ons denke te verbeter.

Kom ons kyk na hierdie vyf elemente in meer diepte:

1. Verstaan ten diepste

Moenie sommer ingewikkelde sake stormloop nie. Verstaan eenvoudige idees ten diepste. Verstaan wat werklik belangrik is. Wees baie eerlik oor wat jy weet en nie weet nie; identifiseer die gapings en vul hulle. Los vooroordele. Daar is grade van verstaan en jy kan altyd joune verbeter. Soliede verstaan is die fondament van sukses.

2. Maak foute

Foute is groot leermeesters – hulle beklemtoon onvoorsiene geleenthede en gate in jou verstaan. Hulle wys ook waarheen jy volgende moet gaan en steek jou verbeelding aan.

3. Vra vrae

Vra gedurig vrae om jou verstaan duideliker te maak en uit te brei. Wat sal jou help om verbindings te sien wat jy andersins nooit sou gesien het nie? Wat is die werklike vraag? Om op die verkeerd vraag te werk, mors baie tyd. Idees is in die lug. Die regte vraag sal hulle na vore bing.

4. Volg die vloei van idees

Kyk terug om te sien waarvandaan die idees gekom het, en kyk na vore om te ontdek waarheen hierdie idees mag lei. ‘n Nuwe idee is ‘n begin – nie die einde nie. Idees is skaars. Om die gevolge van klein idees te volg kan lei tot groot resultate.

5. Verandering

Deur die eerste vier elemente te bemeester kan jy die manier waarop jy dink en leer verander. Jy kan altyd verbeter en leer. Verandering is die universele konstante wat jou toelaat om die meeste uit jou lewe en leer te kry.

Verminder jou stres

Dit lyk of die moderne lewe ingestel is om stres te vermeerder. Die meeste mense ontwikkel hulle eie manier om stres te hanteer, hulle sluit in:

1. Wilskrag

Hierdie is ‘n metode wat baie algemeen gebruik word, maar nie juis doeltreffend is nie. Party mense eet as hulle stres ondervind. Al wat gebeur is dat hulle skuldgevoelens toeneem.

Ons moet na die plek waar die stres woon, gaan – jou brein. Dit vereis werk en tans is jou stresvlakke te hoog om nog te werk ook. Ons het iets nodig wat maklik is en deur neurowetenskap ondersteun word.

2. Klem jou gesigspiere en ontspan hulle

Kommunikasie tussen jou liggaam en jou brein is ‘n twee-rigting straat - daar is ‘n terugvoer lus. As jou brein nie jou liggaam kan kalmeer nie, gebruik jou liggaam om jou brein te kalmeer. As jy stres ondervind trek jou spiere saam. Jou spiere stuur nou ‘n boodskap om te bevestig jy ondervind stres. Jy moet hierdie lus (loop) breek. As jy jou gesigspiere saamtrek en weer ontspan, stuur jou liggaam ‘n teken na jou brein dat die stres verby is.

Om jou brein te herinner om jou spiere te ontspan is dit dikwels goed om hulle eers saam te klem. Die belangrikste spiere om te ontspan is jou gesigspiere, want hulle het die grootste invloed op jou emosies, maar die spiere in jou hande en maag is ook belangrik.

3. Haal diep en stadig asem

Die vagus-senuwee is een van die belangrikste emosionele hoofweë in jou liggaam. Dit stuur boodskappe na jou hart en op na jou brein. Dit speel ‘n noodsaaklike rol om die veg-of-vlug sisteem te beheer. Hoe jy asemhaal is een van die maklikste maniere om jou emosionele toestand te verander.

Asemhaling beïnvloed die brein deur seine gedra deur die vagus-senuwee. Hierdie senuwees stuur seine na die hart, maar ook op na die brein as jy stadig asemhaal, neem die aktiwiteit in die vagus-senuwee toe en jy word kalmer.

Haal stadig asem in deur jou neus terwyl jy tot by ses tel. Rus vir ‘n paar sekondes en haal dan stadig uit deur jou neus. Tel weer tot by ses.

As jy angstig is, haal jy vinnig asem. Vinnige asemhaling kan jou meer senuweeagtig maak – en ook meer opgewonde. Soms is dit goed – as jy meer energie nodig het

4. Koue water in jou gesig

Koue water in jou gesig sal jou vagus-senuwee stimuleer en jou hartspoed verstadig. Jou brein voel jou hartspoed daal en sê dat dit nie meer nodig is om stres te ondervind nie.

5. Speel musiek en doen ‘n klein dansie

Musiek beïnvloed hoe jy voel. Beveg die slegte gevoelens met goeie gevoelens deur te luister na die musiek waarvan jy jou. Jou gunsteling lied raak sleutel gebiede van die limbiese sisteem soos jou hippokampus. Daarom geniet jy dit. En dit help om jou emosies te beheer. Dit mag ook gerusstellend wees en help om jou bloeddruk te verlaag en verminder stres. Dans is belangrik, want dit kombineer musiek met oefening en jy is sosiaal.

Navorsing wys dat as jy ‘n hond besit verminder dit jou stres. Om net na ‘n video van ‘n oulike dier te kyk verminder die hartspoed en bloeddruk binne ‘n minuut.


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

logo snapscan.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: