• deur Marius Nel

How to talk so your husband will listen [resensie]


Rick Johnson. How to talk so your husband will listen. Revell. 2008

Rick Johnson het bekend geword as skrywer van boeke oor gesinsverhoudings. In sy That’s my son en That’s my girl asook Better dads, stronger sons en Becoming your spouse’s better half gee hy raad wat gesinne se koers verander het en mense se lewens verander omdat hy vanuit die Bybel dink en skryf.

Hoeveel vroue kla nie dat hulle mans nie hoor wat hulle sê nie? Hulle mans is nie daar vir hulle nie? Luister na die klagtes wat meeste getroude vroue oor hulle mans herhaal: hy help met niks in die huis nie. Hy skakel emosioneel af as hy van die werk by die huis kom. Hy luister nie en hy onthou ook niks wat ek vir hom gesê het nie. Hy is onbedagsaam en selfsugtig. Hy doen nie wat hy sê hy sal nie. Sy gesindheid stink. Hy is nie betrokke by die kinders se opvoeding nie. Hy lewe net vir sy werk. Hy wil net seks hê, die heel tyd. Hy is niks van ‘n leier in die huis nie. En hy laat nooit die toiletsitplek sak wanneer hy klaar is met sy besigheid nie!

Ons weet dit nou al dat mans en vrouens verskillende tale praat. Maar as goeie kommunikasie ‘n voorwaarde is dat ‘n huwelik werk – en dit is – dan moet ons op dieselfde bladsy kom. Hoe kan ‘n vrou so met haar man praat dat sy ou patrone deurbreek wat nie werk nie en dat hy haar begin hoor? Dis die vrae wat die skrywer stel. Jou man sal positief op jou begin reageer wanneer jy jou man se goeie kwaliteite (waarvoor jy hom getrou het!) opnuut erken en waardeer, wanneer jy leierskap, vergifnis en geduld in jou man aanmoedig, wanneer jy op positiewe wyse werk maak van jou man se woede, selfgesentreerdheid en ander negatiewe eienskappe en nog vele meer.

In plaas van jouself oor en oor herhaal, kan jy begin om nuwe kommunikasiepatrone in die huis te vestig. Jy kan dit doen deur in jou man se kop te klim. En dié klein boekie help jou om dit te doen.

In die proses kan die vrou ‘n nuwe atmosfeer in die huis skep en veroorsaak dat kinders ook leer hoe om met mekaar, en hulle ouers op ‘n produktiewe en effektiewe wyse te kommunikeer.

Die boekie lees maklik met kort hoofstukke wat vele vertellings bevat. Jy lees oor eienskappe van goeie mans, wat veroorsaak dat mans nie hulle potensiaal bereik nie, hoe om ‘n man se dialek aan te leer, dat seks nie ‘n wapen is nie en hoe ‘n vrou haar invloed positief kan aanwend.

Ek hoop dié resensie het jou oortuig as jy getroud is om Rick se boekie aan te skaf. En meneer, as jy dit by jou huis sien lê, lees dit gerus ook. Dit leer jou sommer hoe om na jou vrou uit te reik en nuwe lewe in julle verhouding te blaas.


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

logo snapscan.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: