• deur Milanie Vosloo

Verskonings wat nie werk nie


Moses het egter reguit vir die Here gesê: “Hoe op aarde sal die farao na my luister as die Israeliete nie eens hoor wat ek sê nie? Ek kan nie baie goed praat nie.” Eksodus 6:11

“Ek kan nie!”, dink of sê ons gou wanneer ons iets moet doen wat so bietjie uit ons gemaksone is. Wanneer iets so bietjie meer inspanning verg of ons gedwing word om iets te doen wat nie so maklik is nie, sê ons gou: “Ek kan nie”, en stap daarvan weg. En dan ... mis ons soms die heerlikheid wat ons sou vind as ons wél probeer het.

Suksesvolle mense weet hoe moeilik ‘n taak kan wees en wat dit van hulle mag verg, maar dan sê hulle steeds “ja”. Hulle dink nie aan verskonings nie; hulle dink aan maniere om die tekortkominge en beperkings te oorkom en dan dóén hulle.

Wanneer die Here vir jou iets beplan het en dit in jou hart gefluister het, dan kán jy. Dan kan jy – ongeag enige iets – daardie pad loop. Want dan is Hy die Een wat aan jou die wysheid, insig en vermoëns sal gee om dit deur te voer.

God sal jou nooit vra om iets te doen wat julle twee nie sáám kan doen nie. Maak jou hart oop vir die stem van sy Gees, wees gewillig om Hom te volg en loop dan die pad wat Hy vir jou beplan het. Want met Hom, kán jy!

Here, help my om “ja” te sê en dan te doen.


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

logo snapscan.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: