• deur Stephan Joubert

Wees gewaarsku: “koel” is die nuwe opium


“Hoe help ek my leraar om minder ‘koel’ te probeer wees?” Hierdie vraag het my skoongeboul. Ek het nie gedink hoërskoolkinders vra sulke vrae nie. Maar dit het ‘n jongmens so gepla dat hy wou raad kry. Hy kon sy “cool” dominee net nie meer uitstaan nie. Toe besef ek opnuut ons publieke beeld of “image” maak heeltemal te veel saak, ook in die kerk. Die lewe verlei ons gedurig om kunsmatige beelde van gewildheid na te jaag. Koel” is die nuwe opium. Ons moet die “regte” klere, toebehore en besittings hê om “in” te wees. Dis nonsens. As ons nie vrede maak met wie ons is voor God en tussen ons vriende en familie nie, dan mis ons die punt. Dan leef ons kunsmatig. Dan skuil ons agter vals maskers. Op die langtermyn kos dit ons duur. Skynheiligheid is ’n verleentheid is vir God en vir almal wat dit agterkom. Om eg voor God en tussen ander te wees, is om tot ware rus te kom. Ons hoef nie ander mense te beïndruk nie. God se mening is al wat saak maak. Ons leef en speel altyd net vir ’n Gehoor van Een. En Hy het ons in elk geval lief.


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: