• deur Stephan Joubert

Wat is jou siel werd?


Toe ek nogmaals in ’n tydskrif op een van daardie artikels afkom van “the ten most beautiful people in the world,” wonder ek hoekom mense so ’n obsessie het met sulke dinge. As dit nie die tien mooistes is nie, dan is dit die tien rykste mense wat in een of ander tydskrif uitgelig word. Of die tien suksesvolste. Maar dalk moet dit my nie heeltemal verbaas nie. Dit was nog altyd so. Sedert daardie eerste twee mense in die paradys God se troon vir hulleself wou hê en nie bereid was om voor Hom te buig nie, hou ons van vernaamheid. Mag, beroemdheid, invloed- sulke dinge tel. Wel, nie vir lank nie. Vandag se sterre verskiet maar môre weer. Vandag se kragreuse word môreoggend voor ontbyt onttroon deur nuwe uitdagers. Wat help dit jy wen die hele wêreld, maar jou siel ly skade? So vra Jesus vir ons in Matteus 10. Wat help dit jy offer jou ewige siel op vir ’n paar oomblikke se glorie? Moenie so dwaas wees nie! Moenie jou siel vir ’n pot tydelike lensiesop verruil nie. Vertrou jou lewe elke dag aan die lewende Here toe. In sy hande het jy ewige waarde.


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: