top of page

God hou ook van “misfits” en kie

  • Stephan Joubert
  • Mar 13, 2017
  • 1 min read

“Somebody is born. Somebody goes to school. Somebody learns to conform. Somebody types a CV. Somebody gets a job. Somebody follows orders. Somebody gets a golden watch. And then, eventually, Somebody dies. And, a Nobody is buried.” So lui Mokokoma Mokhonoana se kort gedig getiteld: “The Confessions of a Misfit.” Hierdie vrees van middelmatigheid agtervolg baie mense. Trouens, niemand wil eintlik die trappe van vergelyking vanaf gemiddeldheid, tot middelmatigheid, tot onopvallendheid, tot mislukking agterna leef nie. Niemand wil as ’n “nobody” leef en doodgaan nie. Niemand hoef ook nie. Een ding wat die Bybel oor en oor leer is dat elke mens groot waarde vir God het. Ons is nie maar net ’n klomp onpersoonlike nommers op ’n lys vir Hom nie. Of deel van ’n gesiglose massa nie. God het ons elkeen na sy beeld geskep. Ook het Hy vir Jesus gestuur om ons nogmaals te herskep tot sy eer nadat sonde, mislukkings en foute ons lewe bekrap het. Misfits en kie maak vir God saak. Gewone mense ook. Ons lewe registreer op God se hemelse radar. Vir altyd! Nooit en nêrens skryf Hy ons af of gee Hy op met ons nie. Dit is goeie nuus, die regte soort!


 
 
 

Comments


bottom of page