• deur Marius Nel

Hidden in my heart [resensie]


Hidden in my heart: Scripture Memory Bible. BakerBooks. 2016

Die Bybel is ‘n moeilike boek vir moderne mense om te lees. Dis ook ‘n lang boek. En as jy op die eerste bladsy begin, gaan dit jou baie lank neem om by die verhaal van Jesus Christus uit te kom, wat jou wil red. Ek vermoed meeste mense wat by Genesis begin lees, kom nie noodwendig by Matteus uit nie!

Hier het jy dan nou ‘n Bybel, die Hidden in my Heart Scripture Memory Bible, wat jou wil help om God se Woord te lees maar terselfdertyd dit diep in jou hart te bêre. En dit op wyses wat pret vir jou, en vir jou hele gesin gaan wees.

Jy kry byvoorbeeld ‘n honderd liedjies wat jy kan aflaai, en elkeen van hulle bevat die woorde van drie gewilde Bybelvertalings, die New Living Translation, New International Version en King James Version. Die veronderstelling is dat as jy ‘n Skrifgedeelte kan saamsing, jy dit reeds gememoriseer het. Elke Bybel bevat ‘n unieke aflaaikode.

Daarbenewens is daar ‘n honderd sleuteltekste wat uitgelig word met die uitnodiging dat julle in julle huis dit memoriseer en as rigtingwysers begin gebruik. Die geheuetekste kom ook in al drie vertalings voor. Vir mense wat van verdere uitdagings hou, is daar 136 tekste wat jou aanmoedig om verder te gaan.

Die Bybel bevat ook praktiese raad: nuttige inleidings tot die boeke van die Bybel, hoe om belangrike tekste in jou lewe en die situasie van julle gesin toe te pas, hoe om te bid, waar jy dieper kan grawe, hoe om tekste te memoriseer en planne met tematiese geheueverse.

Wat uniek aan die Bybel is, is dat dit gerig is op die gesin, en daarom voorsiening vir onderskeie ouderdomsgroepe maak. Jy kry verwysings na die groot Bybelstories terwyl die musiek ook onderskeie smake akkommodeer. Jy kies die musiek wat jou kinders sal aanspreek, en waarna jy graag sal wil luister.

Wil jy intussen na voorbeelde van die liedere luister wat jy hier kry, gaan gerus na HIMHBible.com/listen.


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: