• deur Stephan Joubert

God het nie ’n geld-terugbetaal waarborg nie


Een oom in ‘n gemeente waar ek jare gelede ’n leraar was, het besluit hy’s klaar met die kerk. Toe kom vra hy al sy geldelike bydraes terug. Ek was oorbluf. Al wat ek kon uitkry is dat ons nie ’n geld-terug waarborg het nie. Deesdae kan jy omtrent orals jou geld terugkry as jy nie tevrede is met die produkte wat jy gekoop het nie. Sommige meen dis ook van toepassing op geloof. Hulle besluit blitsvinnig hulle is klaar met God, want Hy het hulle nie gehelp toe hulle Hom nodig gehad het nie. Bedoelende, hulle het vir Hom presies voorgeskryf wat Hy moet doen, en toe doen Hy dit nie.

Verbruikers soek flink diens, ook op godsdienstige terrein. God laat Hom egter nie deur menslike verbruikers manipuleer nie. Hy het nie ’n tydelike byvoordele pakket om ons te beloon vir ons keuse om Hom te dien nie. Of ’n geld terug waarborg nie, want God is nie een of ander Diensverskaffer met wie ons geldelike- of ander transaksies kan sluit wat Hom bind nie. Hy kompeteer nie om ons lojaliteit nie. Inteendeel, dit is net mooi andersom. Ons is die begenadigdes. Ons dien die Here onvoorwaardelik en uit dankbaarheid.


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: