• deur Marius Nel

Fearless [resensie]


Eric Blehm. Fearless: The true story of Adam Brown’s geroic sacrifice and the unwavering devotion of the woman who loved him. WaterBrook. 2012

Wanneer Navy-SEAL Adam Brown op 17 Maart 2010 wakker skrik, het hy nie vir ‘n oomblik dit oorweeg dat hy daardie nag in die Hindu Kush-berge van Afganistan sou sterf nie. Maar hy was gereed indien so iets sou gebeur. In 'n brief wat hy aan die adres van sy kinders gerig het maar nie aangestuur het nie, behalwe as die ergste sou gebeur, het hy immers geskryf: "Ek is nie bang vir enigiets wat met my op hierdie aarde kan gebeur nie, want maak nie saak wat gebeur nie, niks kan my gees van my wegneem nie."

Lank voor Adam Brown 'n lid van die elite SEAL-Span Ses geword het, ‘n eenheid wat in teenterrorisme gespesialiseer het en Osama bin Laden geteiken en uiteindelik uitgeskakel het, het hy as seuntjie van Arkansas vir pret geleef. Sy grootste doel in die lewe was om tydens sy hoërskoolloopbaan sy skool se sokker-trui oor die kop te trek. Hy was klein vir sy ouderdom maar het die waagmoed van ‘n jong leeu gehad, geneig om van dakke en uit bome te spring en in mere te swem. Adam het verskeie kere bene gebreek, maar nooit 'n belofte aan sy ouers nie. Totdat hy ouer geword het, en sy gesin moes toesien hoe sy aptyt om risiko’s te neem hom in 'n afwaartse spiraal laat neerdaal het en wat hom uiteindelik in die tronk laat beland het.

Fearless is die verhaal van 'n man van uiterstes, wie se toewyding aangevuur is deur geloof, familie, en die liefde van 'n vrou. Dit gaan oor 'n man wat 'n oorlog teen sy eie verkeerde impulse gevoer het en volhard het, sodat hy uiteindelik die hoogste vlak van die Amerikaanse weermag bereik het. Hy was altyd die eerste om vrywillig vir die gevaarlikste take aan te meld tot sy finale daad van dapperheid gelei het tot Adam se hoogste offer.

Fearless is die intieme verhaal van 'n toegewyde man, 'n onwaarskynlike held maar 'n ware vegter wat deur almal wat hom geken het, beskryf word as net dit – vreesloos!


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: