• deur Stephan Joubert

Daardie “tall poppy” sindroom is dodelik


Papawers wat saam in dieselfde landery groei, moet blykbaar almal ewe lank wees volgens blomkwekers. As een uitskiet bo die ander, dan word dit gou-gou afgesny. So gaan dit dikwels ook in die lewe. Daarom dat daar in Engels gepraat word van “the tall poppy syndrome.” In sulke kringe is daar nie plek vir uitskieters nie. Wanneer iemand beter as die res presteer, of meer geld maak, of meermale in die openbaar raakgesien word, dan raak die ander “papawers” in daardie omgewing grasgroen van jaloesie. Dan skop hulle sulke uitskieters se voete summier onder hulle uit deur allerlei goor opmerkings agter hulle te maak, of deur hulle in die rug te steek. Navolgers van Christus mag nooit aan hierdie goor sindroom ly nie. Ons word deur die Heilige Gees geleer om bly te wees wanneer ander gelowiges wen, of iewers in die lewe uitstyg. Jaloesie het nie ’n houvas op ons lewe nie. Ons gun ander mense dit wat hulle het of bereik. Ons moedig hulle aan om selfs nog hoër hoogtes te bereik en om al die eer hiervoor aan God te gee. God se liefde slaan daardie groen monster genaamd jaloesie hok in ons lewe. Mense gedy in ons omgewing.


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

logo snapscan.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: