• deur Milanie Vosloo

Kyk boontoe. Nie om jou nie.


Die Here sal vir hulle wees soos ‘n stad met hoë, breë mure wat hulle beskerm teen hul vyande. Joël 3:16b

Wanneer jy oor jou lewe terugkyk, sal jy onmiskenbaar weet: jou pad het nie altyd geloop soos jy beplan of verwag het nie. Daar was kere toe jy oor iets gedroom het, en dit in ‘n nagmerrie ontaard het. Ander tye het jy weer baie spesifiek oor iets gebid en dan het God jou op ‘n ánder koers gestuur. Dan was daar die kere toe jy glad nie kon verstaan wat die Vader vir jou in gedagte het nie.

Wanneer jy eerlik is, sal jy egter in retrospek ook weet dat dinge toe tóg ten goede uitgewerk het, dat Hy jou waarskynlik teen groot ongelukkigheid beskerm het en dat Hy toe tog beter geweet het.

Die waarheid is: God ken elke detail van jou lewe, jou verwagtinge en jou denke. Hy verstaan jou soms-se-teleurstellings, jou sonder-antwoord-vrae en het deernis met jou onbegrip. Maar Hy weet ook wanneer dit ompad-tyd in jou lewe moet wees, wanneer Hy jou in ‘n ander rigting moet stuur of wanneer Hy jou eers moet laat wag. Wees daarom onder alle omstandighede sensitief vir die Vader se stem, bereid om Hom te vertrou en gewillig om te volg waar Hy lei.

God se padkaart vir ons lewens is soms onverstaanbaar, maar altyd ... altyd betroubaar.

Here van my lewe, ek weet dat U die heel beste vir my ingedagte het. Hou my oë op U gerig as ek om my kyk verward raak.

Net soos jy is – uitgegee deur CUM


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

logo snapscan.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: