• deur Stephan Joubert

Ryker, ongelukkiger…?!


“As ons wêreld so welvarend is, hoekom is ons dan nie gelukkig nie?” Dis ‘n vraag wat ‘n filosoof iewers gevra het wat my steeds bybly. Hy sê ook dat diegene wie se lewenstandaard toeneem se geluk nooit in dieselfde mate toeneem nie. G’n wonder nie dat ‘n meningspeiling wat deur die bekende Time Magazine ’n paar jaar gelede oor geluk onderneem is bevind het slegs 17% mense loop oor van geluk; 60% mense is soms gelukkig en die res is selde tot nooit gelukkig nie. Wie weet, dalk is geluk toe nie dit waaroor die lewe gaan nie. Innerlike vrede en tevredenheid is wat saak maak. Hierdie vrede, waarvan Paulus in Filippense 4 praat, en wat die verstand en hart te bowe gaan, is nooit afhanklik van jou omstandighede, emosies of besittings nie. Jy hoef met ander woorde nie eers ’n middelklas inkomste te hê, of in super-veilige omstandighede te bly voordat jy tevrede is nie. God se innerlike rus is presies wat dit sê - ’n innerlike rus in die Here Self. Dis om te weet dat jou lewe in die hand van ‘n genadige Vader is, maak nie saak wat gebeur nie. Jou vrede is in Hom, nie in dinge nie.


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

logo snapscan.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: