• deur Stephan Joubert

My verskonings is nie meer flou nie… hulle is sommer net dood!


As kind van die Here leef ek aan die hand van nuwe lewensritmes. My ja is nou ja en my nee is nee. Ek hoef nie meer te sweer dat ek die waarheid praat nie, want ek gaan reg met die waarheid om, soos wat Jesus my leer in Matteus 5:21-48. Ek praat dit, verdedig dit, leef dit. Flou verskonings is nie langer deel van my lewe nie. Wanneer ek iemand te na gekom het, gaan vra ek opreg om verskoning. Die woorde “askies”, en “ek is jammer” is nou deel van my normale woordeskat. Ek vat verantwoordelikheid vir my lewe voor God en tussen ander mense. Daarom herstel ek verhoudings met ander waar ek dit iewers langs die pad verniel of verwaarloos het. Soos Saggeus in Lukas 19 maak ek dubbel en dwars daarvoor op as ek weet dat ek ander mense konkreet benadeel het. Ek brand noit brûe nie, maar bou en herstel hulle gedurig in Jesus se Naam. My geloof laat my voltyds agter Hom aanstap. Al kos soms dit ’n duur prys, kies ek elke dag vir ’n lewe van integriteit, eerlikheid en deursigtigheid.


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: