top of page

Dankie ma… (en pa en kie!)

Stephan Joubert

Iemand stuur iewers vir my ‘n paar “lewenslesse” aan wat ma’s vir hulle kinders leer:

“My mother taught me to appreciate a job well done: "If you're going to kill each other, do it outside. I just finished cleaning."

“My mother taught me religion: "You better pray that mess will come out of the carpet."

“My mother taught me logic: "If you fall out of that swing and break your neck, you're not going to the store with me."

“My mother taught me about behaviour modification: "Stop acting like your father."

“My mother taught me humor: “When that lawn mover cuts off your toes, don't come running to me."

Hoeveel van ons onthou nie die waarhede wat ons by ons ma geleer het nie. In elk geval, as ek in die afgelope week lees dat 57% kinders in die VSA sonder ’n pa grootword in die huis, dan besef ek opnuut hoe belangrik is ‘n stabiele ouerhuis. Ouers wat hulle kinders as gawes uit die Here se hand beskou, maak hulle reg groot. Sulke ouers leer hulle kinders dat die lewe gebou word op respek vir mekaar en op gehoorsaamheid aan die Here. Dit lyk soms asof party ouers bang geword het vir hulle kinders omdat hulle nie meer duidelike familiereëls uitstippel en kan nee sê vir hulle kinders nie. In ‘n onlangse studie in die VSA word juis bevind dat meer as 80% van alle produkte wat deur volwassenes gekoop word, gebeur op grond van hul kinders se vooraf goedkeuring. Kan jy dit glo - meeste volwassenes se keuse van motors, huise, klere en meubels word deur jong kinders bepaal. Nou ja, gelowige ouers:

  • het ‘n opinie van hul eie

  • weet wanneer om nee te sê

  • trek duidelike, maar billike, grense en hou daarby. Hulle is liefdevolle ouers wat weet dat hulle kinders deur God aan hulle geleen is om tot sy eer groot te maak (Efesiërs 6:4). Daarom stel hulle self vir hulle kinders die voorbeeld van toewyding aan die Here

  • sê nie een ding en doen iets anders nie. Hulle tree met respek teenoor ander mense op en stap net op God se pad. Hulle is lewende preke vir hulle kinders!

  • Hulle is oop en gemaklik met hulle kinders; daarom maak hulle baie tyd om saam met hul kinders deur te bring.


bottom of page