top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Waag alles!
Luister ‘n bietjie na al daardie geykte Nuwejaarswense en verjaarsdagwense, dan hoor jy hulle almal gaan eintlik net oor voorspoed en geluk. Sulke wense is baie veilig. Wel, dis darem ook nie verkeerd om mekaar sulke mooi dinge toe te wens nie. Ons weet egter die lewe werk nie heeltemal so nie. Groen weivelde en stil waters is ons almal se droom, maar hoe leef ons die res van die tyd? Hoe help ons geloof ons wanneer ons op ander lewenspaaie moet loop?
Stephan Joubert
Sep 11


Waagmoedige gebed
‘n Tyd gelede vra ‘n vriendin vir my of ek sal bid vir ‘n persoon, wat ek glad nie ken nie. Die persoon was ernstig siek na ‘n geweldige hartaanval. Die dokters het nie gedink hy sal dit oorleef nie. Almal was bekommerd en ontroerd, want die gesin se kinders was klein en Mamma was ook siek met kanker. Ek was so aangeraak deur hierdie gesin dat ek ook saam gebid het vir die herstel van hulle pappa. Metter-tyd was daar beterskap en later herstel. Maande daarna word ek onverwags
Marietjie Joubert
May 26


‘n Goeie rede vir dapperheid
Ryland Grace was ‘n lafaard. Hy is gevra om aan boord van ‘n ruimtetuig te gaan in ‘n selfmoordmissie na die verre buitenste ruim om te probeer om ‘n sterwende planeet Aarde te red. Hy het nie kans gesien nie - die opoffering was net te veel vir hom. Sy mederuimtevaarders was dapperder. Hulle het kans gesien, maar nie Ryland Grace nie. Dis die storie wat vertel word in die nuwe wetenskapsfiksie prent, Project Hail Mary.
Roedolf Botha
May 5
bottom of page
