top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Hoe ryk is jy?
Die haelstorms in Gauteng en die res van die land, wat in November plaasgevind het, het my diep getref. Ons het die oggend vroeg opgestaan en die verwoesting in die tuin gadegeslaan. My trane het vlak gelê! Ek was ontsteld oor die rafels, wat oorgebly het van die krismisrose, gebreekte takke, blare wat soos ‘n mat op die gras lê en en potplante wat ek nie kon herken nie. Met swaar harte het ons swart sakke gaan haal en begin hark en vee. Ek was sommer swaarmoedig.
Marietjie Joubert
Feb 3


Hê minder, hê oorgenoeg!
Alexander die Grote, het op ‘n keer besoek afgelê by die filosoof Diogenes (412-323 vC). Hy het buite Korinte in ’n houtvat gebly. Alexander het gevra wat hy nodig het. Toe antwoord Diogenes: “Wat jy van my af weggevat het, kan jy nie weer teruggee nie.” Alexander het dadelik gevra wat hy bedoel. Hierop het Diogenes geantwoord: “Jy staan in my son.” Diogenes het kennelik min nodig gehad.
Stephan Joubert
Mar 24, 2022


As jy vir twee dinge moet bid…
Spreuke 30:7-9 bevat een van die min gebede in die boek Spreuke. Die Spreukeskrywer bid net vir twee dinge. Die eerste een is opregtheid. Hy weet God kan leuens en onwaarhede nie uitstaan nie. Of valsheid nie. Tweedens bid hy ook vir ’n doodgewone lewe- hy wil nie te arm of te ryk wees nie. Die rede: rykes steun graag op hulle rykdom. Hulle het niks of niemand nodig nie, ook nie vir God nie. Daarom verloën party van hulle die Here. Armes, daarteenoor, kry dikwels so swaar dat
Stephan Joubert
May 7, 2020
bottom of page
