top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Vandag is beter as gister
Die Heilige Gees waarborg dat Hy aanhoudend op nuwe maniere in ons lewe sal werk. Elke dag sal beter as die vorige een wees. Gister het ons
Stephan Joubert
Jul 21, 2023


Avatar: The way of water
Ek is nie besonder lief vir 3D-flieks nie. Hulle maak my gewoonlik moeg en gee my ‘n kopseer. Met Avatar: The way of water was dit egter and
Siegfried Louw
Mar 7, 2023


Piesangs maak soms die verskil
Chris Seay, ‘n Amerikaanse leraarsvriend van my sit op ‘n keer in ‘n vliegtuig. Hy hoor hoe ‘n man agter hom vir die lugwaardin vra of hulle ‘n piesang vir sy kind het, maar hulle kon hom nie help nie. Chris het egter ‘n piesang in sy handbagasie gehad. Dadelik het hy toe sy piesang aan die onbekende gesin agter hom weggegee. Die pa kon dit nie glo nie. Hy het oor en oor vir hom dankie gesê. Later vind hy uit my vriend is ‘n leraar. Toe was hy eers in ekstase en vertel vir a
Stephan Joubert
Oct 7, 2022


Ek kan nie ander mense se lewensbeker volmaak nie, maar…
Op ’n dag het ek besef ek kan nie ander mense se lewensbekers volmaak nie. Vir baie lank in my lewe het ek geglo dit is wat ek moet doen. Toe besef ek dit is my roeping om slegs my eie lewensbeker aanhoudend leeg te maak in God se diens. Ek is geroep om myself te gee, afgesien van die resultate hiervan. In Jesus se woorde in Johannes 7:38-39 is ek geroep om die Gees se lewende water vanuit my binneste te laat vloei en nie om resultate na te jaag nie. As sulke leegmaakaksies a
Stephan Joubert
Nov 25, 2021


Kan ek U net een keer sien, Here!
“Kan ek U net een keer sien!” So klink Moses se versoek aan die Here in Eksodus 33. Op sy beurt vra Filippus in Johannes 14 vir Jesus: “Wys vir ons die Vader en dit is vir ons genoeg!” Nee, hulle het dit nie ligsinnig bedoel nie. Dit is nie asof hierdie een van hulle “bucket list”-wense was, voordat hulle eendag sterf nie. Moses en Filippus se versoek weerspieël iets van gelowiges se dieper dors na die Here regdeur die eeue.
Stephan Joubert
Oct 14, 2021


Hoe reageer jy as jou wêreld geskud word?
In Julie vanjaar is die inperkingsmaatreëls verskerp, daar was proteste en plundery in Kwazulu Natal en Gauteng en boonop was dit yskoud in die meeste dele van die land. Dit was nie net die spreekwoordelike storm in 'n teekoppie nie, dit was érg! In 'n groot gedeelte van Pretoria was daar toe ook 'n kragonderbreking gedurende een van die koudste weke van die dekade. Toe ek 'n vriendin, wat ook deur die kragonderbreking geraak is, vra hoe dit gaan, was haar ongelooflike posit
Helena Smith
Aug 24, 2021


Wankel
Die water uit my bottel proe soet. Ek los my fiets teen die witkaree sodat die asem makliker kan terugkeer. Met die volgende watersluk gewaar ek die ou man oorkant die pad. Hy betree ʼn houtleer. So een plankie op ʼn slag, met ʼn ruspose na elke klim. Sy bruin broek is netjies geplooi. Die groen kerkhemp is nie meer oral ewe groen nie en sit ook nie meer oral ewe gemaklik nie. Maar ook die hemp het geen plooi nie.
Siegfried Louw
Sep 22, 2020
bottom of page


