top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Kom sit hier by die regte vuur
Lewensgevaarlike vure brand orals, vure van haat, geweld, ongeloof en vernietiging. Die skade wat hierdie vure aanbring, is onberekenbaar groot. Almal in die nabyheid van hierdie vure brand seer. Hier doen almal ernstige brandwonde op, brandwonde van woede, bitterheid, sinneloosheid, ongeloof en vrees. Almal, wat uiteindelik vasgekeer raak deur sulke vure, leef en sterf in wanhoop. Daarom moet jy dadelik padgee, wanneer sulke vure in jou nabyheid begin brand. Moenie nog meer
Stephan Joubert
Jun 19, 2023


Twyfel hoort by Jesus
“Ek twyfel aan my geloof.” Jy gaan dit dikwels hier in 2023 hoor. Maar wag, dit is nie net ’n probleem, wat in hierdie nuwe jaar by ons gaan wees nie. Johannes, die Doper, het homself ook kort voor sy eie dood hier bevind. Hy is in die tronk gegooi, omdat hy die heerser van Galilea, Herodes Antipas, openlik gekritiseer het oor sy sondes. Sy lewe was oor en verby. Daar in die dodesel het hy gewonder oor sy eie geloof en oor Jesus. Maar toe maak Johannes sy probleem Jesus s’n.
Stephan Joubert
Jan 30, 2023


Waarheid is nie ’n seermaakmiddel nie, dis ‘n geneesmiddel
As jy die waarheid padlangs wil hoor, dan moet jy met klein kindertjies gesels. Dit besef ek onlangs toe ek vir ons vriende se seuntjie sê hy het groter geword sedert ek hom laas gesien het. Net daar antwoord hy my: “En oom het ouer geword.” Ons as grootmense is veels te omsigtig met die waarheid. Of dalk te polities korrek. Ons wil net nie hê ander mense moet aanstoot neem nie, veral nie diegene, wat deesdae so maklik “aangestoot” voel nie.
Stephan Joubert
Nov 17, 2022


Woorde wat genees
Wanneer ‘n mens elke dag met tieners werk, kan dit soms ‘n uitdaging wees. Ons ken almal tieners se nukke en grille. Ons ken ook hulle humeure en vry sê. Om met ‘n klaskamer vol van tieners te werk, bly daagliks ‘n voorreg, maar ook ‘n geweldige uitdaging. Jy weet hoe dit soms in jou huis gaan, wat nog te sê in ‘n klaskamer vol van daardie ouderdom. ‘n Mens moet mooi dink en mooi praat om nie leerders te beledig of jou humeur te verloor nie.
Marietjie Joubert
Nov 2, 2021


Vashou
Die een Maandag was besonder gewoon. Daar was geen pandemie nie. Geen inperkings nie. Geen vreemde nuus nie. Niks opwindends nie. Selfs die politieke nuus was vervelig en voorspelbaar. My vrou het na haar chemo-sessie kom lê. Sommerso in die studeerkamer, op die oopslaanbank.
Siegfried Louw
Jul 27, 2021


Jesus het ons reg ingeëent
Onreinheid het reinheid elke keer uitgestof in die wêreld waarbinne Jesus opgetree het. Onreinheid was uiterlik. Liggaamlike siektes soos melaatsheid, menstruele siektes en ander infeksies het mense outomaties gediskwalifiseer vir deelname aan formele godsdiens. Al was hulle harte so rein soos sneeu, het dit net mooi niks gehelp nie. Enige kontak met heidene en sondaars en enige eet van kos, wat nie aan godsdienstige standaarde voldoen het nie, het mense ook gediskwalifiseer
Stephan Joubert
Apr 22, 2021


As daardie donkertes opdaag, is God nie weg nie
“Life must be undergone.” So skryf die bekende digter, John Keats (1795–1821), op ’n keer vir ’n goeie vriend van hom. Keats was nie onbekend met depressie of met wisselende emosies nie. Hy het geweet van daardie groot donkertes wat soms op jou lewe toesak. Tog het hy geweet dat hy met sy goeie vriende hieroor kon praat. Van depressie gepraat - ook hier in ons dag kuier sulke ongenooide gevoelens by baie mense. Moenie dit in die geheim ontvang nie. Moenie gratis verblyfreg hi
Stephan Joubert
Apr 8, 2021


Is Openbaring 13 se merk ‘n verwysing na die entstof teen die Corona virus?
Openbaring 13:16 praat van ‘n merk op mense voorkop en regterhand wat deur ‘n Sataniese dier aangebring word op ryk en arm, klein en groot, slaaf en vry. Skielik is dit baie predikers se gunsteling teks om vir mense te probeer oortuig dat hierdie woorde na “dié entstof teen die Corona virus” verwys. Hoe moet ons dit verstaan?
Stephan Joubert
Dec 14, 2020


Bid en gebruik medisyne
Ons bid graag vir groot siektes, soos kanker en hartprobleme, maar vir ‘n kopseer of ‘n maagkramp drink ons sommer ‘n pilletjie en vergeet daarvan. Wat gaan ons maak as die slim mense op ‘n dag medikasie ontwikkel, wat kanker kan klop? Gaan ons dan nog ernstig daarvoor bid? Of gaan ons sommer net die medikasie gebruik en daarvan vergeet, terwyl ons dan weer vir ander “groot” siektes bid?
Stephan Joubert
Oct 30, 2020


Wonders is nie op sigself ‘n doel nie
Een van die belangrikste lesse oor die gawes van die Gees, wat Paulus in 1 Korintiërs 12-14 oor die werk van die Gees vir ons leer, is dat die regte gebruik van die gawes belangriker is as die blote besit daarvan. Dieselfde geld ook vir wonderwerke, soos genesing. Om enige gawe te beoefen sonder om dit tot eer van God en tot voordeel van ander mense te doen, is om dit sleg te misbruik. Wonders is nooit ‘n doel opsigself nie. Jesus se wonderwerke was in die eerste plek die ope
Stephan Joubert
Oct 23, 2020


Kom sit asseblief hier by Jesus se vuur... een wat goeie hitte afgee
Mag ek jou oornooi na ’n ander vuur toe, een wat goeie hitte afgee. By daardie oorkantste vuur brand almal seer. Daar baklei almal. Daar stry almal oor wie is die meeste benadeel en verneder. Vroue, mans, kinders, wit swart, gay, straight, oud, jonk en al die res is daar slagoffers. Daar is soveel oop wonde, soveel rou emosies. Kom sit hier. Hier maak die vuur almal warm. Hier is genesing te vind... asook ‘n bietjie vrede en rus vir elkeen se gemoed. Hierdie is Jesus se goeie
Stephan Joubert
Sep 14, 2020


My manifes vir Korona-tyd
Die Here is my Herder. Hy lei my deur elke donker vallei en langs elke groen weiveld. Ek laai graag ander se laste op my skouers. Dit gaan nie net oor myself in hierdie tyd nie. Omdat Christus my dra, is daar spasie vir ander mense in my lewe. Ek luister, bid en help graag waar ek kan.
Stephan Joubert
Jun 8, 2020
bottom of page