top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Hoe meet jy Geesvervuldheid?
Die meetinstrument vir egte lewe in die kerk is nie geleë in die aantal programme of aksies wat kerke aanbied om nog meer mense op hul perseel te kry nie, maar in die vraag of diegene wat al hierdie aktiwiteite bywoon bedienings van hul eie in plek het as hulle die kerkgebou verlaat. Dis juis buite die kerk se deure waar Geesvervuldheid wys… of nie! Die vraag is dus hoeveel kerkgangers is deurlopend betrokke by selfstandige aksies soos die versorging van armes; ondersteuning
Stephan Joubert
Jun 26, 2020


Gee tot jy dit voel
Jare gelede het ‘n prediker een keer in ‘n preek gesê dat as ons ou klere na die kerk toe bring, dan moet ons seker maak dis silwerskoon. En as ons gebruikte goedere weggee, moet ons seker maak dis in ‘n goeie toestand. Die kerk is nie maar net ‘n gerieflike aflaaiplek vir rommel wat in ons pad is nie. Ook het hy bygevoeg dat Geesvervuldheid wys in die maniere hoe ons teenoor die armste mense optree.
Stephan Joubert
Jun 19, 2020


Oop harte = oop hande
Mededeelsaamheid is die wagwoord daar waar die Gees werk. Dit sien ek in die Jerusalemgemeente se optrede. Sonder dat iemand dit vir hulle gesê het, het die deure van hulle harte in mekaar se rigting oopgegaan. Vrygewigheid was nou die nuwe wagwoord. Hoe kon hulle aan hul eie besittings vasklou terwyl hul medebroers en suster in die Here broodgebrek gely het? Wat ‘n slegte advertensiebord sou hulle dan nie vir Christus wees nie. Daarom het die Gees hulle beursies laat oopgaan
Stephan Joubert
Jun 12, 2020


Is óns betroubaar?
So baie gelowiges en gemeentes doen soveel betekenisvolle goed in hierdie weird Corona-tyd waarin ons onsself bevind. So baie mense se hande, harte en beursies is oop, somtyds ten koste van hulleself. So baie gemeentes doen van hulle beste werk in hierdie tyd. So baie is betrokke by goeie en sinvolle noodverligtingsprojekte. Wat ‘n inspirasie is dit nie!
Roedolf Botha
Apr 28, 2020


Oordeel van binne- nie buite
Een Sondag-oggend kort na ek klaar gepreek het in een van ons dienste, kom sê die opsigter dat daar buite die kerk ‘n hawelose ou dringend n
Ivor Swartz
Jul 30, 2019
bottom of page
