top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Talente - soos wonderlike musiekinstrumente
David Fulton is die stigter van Fox Software en 'n amateur violis. Hy versamel ook sedert die vroeë 1980’s skaars Stradivarius viole en het op ‘n stadium 22 viole gehad. Een van sy gunsteling Stradivarius viole is "La Pucelle", ‘n goeie viool wat goed bewaar is. Toe Vuillaume, een van die vorige eienaars in die middel van die 1800’s die viool gekoop het, het hy gesien dat dit nog nooit gebruik is sedert dit die hande van Stradivarius verlaat het nie.
Elmarie van der Westhuizen
Aug 5, 2020


Influistering van die Heilige Gees
Dit was deur middel van hierdie Skrifgedeelte dat die Heilige Gees haar herinner het aan ‘n gesin daar naby wat finansieel swaarkry. Gelukkig het sy op hierdie ‘fluisterstem’ gereageer, want die destydse tienerseun getuig dekades later hoedat iemand se gehoorsaamheid vir sy gesin tot seën was met ‘n geskenkpakkie kruideniersware. So versterk ons mekaar se geloof en tree ons as God se instrument op om in mekaar se behoeftes te voorsien.
Elmarie van der Westhuizen
Jul 22, 2020


Trek die voorskoot aan!
O die luukse gevoel om in ‘n weelderige hotel in te stap… Ek was nog nie baie keer in so ‘n hotel nie, maar iets wat vir my fantasties is, is daardie dik, wit japonne en die bypassende pantoffels. As ek dit aantrek, voel ek skatryk! Dit voel vir my asof ek net die telefoon kan oplig vir kamerdiens en verder kan ek terugsit en ontspan.
Helena Smith
Jul 14, 2020


Dankbaarheid
Gedurende grendeltyd het ons ‘n baba hond gekry. Penny! Sy is ‘n sjokolade bruin Yorkshire terrier. Sy was bitter klein toe ons haar gaan haal het. Sy het van die eerste oomblik diep in ons harte gekruip. Ons is intens lief vir haar. Haar opgewondenheid vir die lewe is absoluut aansteeklik.
Marietjie Joubert
Jun 16, 2020


Die Here is my Herder – ook met Covid
Dis in tye van swaarkry wat die diepte van my geestelike wortels blootgelê word. Is die Bybelse waarhede waaraan ek vashou ‘n werklikheid vir my en is my lewe werklik daarin geanker? Of hou ek net daaraan vas as my omstandighede rooskleurig is? So was dit ook toe ek vroeg in April wakker word met ‘n geweldige hoë koors nadat ek vir ‘n paar dae grieperig gevoel het. Ek het besef dat ek Covid 19 het.
Elmarie van der Westhuizen
Jun 2, 2020


Plastieksak
Angstig vee sy die dokument met ʼn lappie af. Die lappie is deurdrenk met ontsmettingsmiddel. Die dokument is netjies toegedraai in plastiek en kleeflint. “Al die reëlings is daarbinne, sê sy.” Ek loer deur die tralies, deeglik daarvan bewus dat ons ten minste twee meter van mekaar af beter bly. Ek haal stadig deur my masker asem. Met een oogopslag sien ek dat die teks, liedere en ander informasie netjies in drukskrif neergepen is. Die hele begrafnis is uitgewerk.
Siegfried Louw
Jun 2, 2020


Help, ek sit op die ashoop!
In Paraguay is daar ‘n arm gemeenskap wat letterlik op ‘n vullishoop bly. Daagliks word daar meer as 1500 ton vullis op hierdie ashoop gegooi. Die arm mense van hierdie gemeenskap maak ‘n lewe daaruit om weggooigoed wat herwin kan word, bymekaar te maak en te verkoop. Hierdie gemeenskap is ook baie bekend vir hulle orkes. Ja, jy het reg gehoor! Dit is nie ‘n gewone filharmoniese orkes met duur Stradivarius viole nie, maar ‘n kinderorkes wat op instrumente speel wat van afvalm
Helena Smith
May 19, 2020


God se nabyheid is eindeloos belangrik
In Psalm 73 praat die musiekleier Asaf van ‘n welbekende observasie wat moontlik van tyd tot tyd in die lewe van elke gelowige kop uitsteek.
Ivor Swartz
May 5, 2020


Het jy Herdersklere in jou kas?
Die woorde van Psalm 23 gryp nog altyd aan die hart. Ek glo volkome in die woorde. Die Here is waarlik my herder. Hy versorg my. Soek vir my weivelde. Hy lei my na waters waar daar rus en vrede is. Hierdie herder beskerm en bewaar my van gevaar. Hy is met my elke oomblik.
Marietjie Joubert
Apr 21, 2020


Alleenheid
lleenheid. Loneliness. Dit is een van die oorsake én gevolge van baie van ons uitdagings vandag. Alleenheid maak dat jy besig bly, sodat jy kan ervaar jy het ʼn konneksie met iets of iemand. ʼn Projek of ʼn kliënt, ʼn kuier of die volgende cappuccino. Eensaamheid kan ʼn kernkrag-masjien in jou binneste wees wat sy eie krag opwek. En dan vuur dit jou aan om buitentoe te kyk. Jy soek mense en ervarings op. Jy skep, raak kreatief, soek nog betekenisvolle oomblikke. Die lekkerte van s
Siegfried Louw
Apr 7, 2020


Hoe lyk jou voetspore?
Op sy oupa se begrafnis se 'n kleinseun: "My oupa het nie modderspore gelaat nie..." Ek voel dadelik skaam en die aan die tye waar ek modderspore agtergelaat het.
Helena Smith
Mar 24, 2020


Wat steel jou vreugde?
“Weet jy wat steel nou rêrig my joy deesdae?”, hoor ek die een vrou vra vir haar vriendin so in die middel van hulle gesprek. Sy trek daai r
Ivor Swartz
Mar 10, 2020


Die Here is by jou
Ek het al so baie beleef dat mense in ‘n tyd wat hulle swaarkry, baie vrae het of vra. Hoe meer antwoorde hulle kry, hoe meer
Marietjie Joubert
Feb 25, 2020


Miniatuur Doberman
Die bestuurders gluur mekaar agterdogtig aan by die vierrigting-stopstraat. Dit is spitstyd, so niemand vermoed dat die ander mense weet hoe
Siegfried Louw
Feb 11, 2020


Gee jou bekommernis vir God
As daar nou iemand is wat 'n berg van 'n molshoop kan maak, is dit ek. Ek kan my vreeslik bekommer en soms snags wakker lê en my pro
Helena Smith
Jan 28, 2020


Wakker-slaap!
Ek weet nie of jy al gehoor het van die lekker Afrikaanse gesegde wat dikwels gebruik word om mense te laat weet dat hulle moet oplet, of me
Ivor Swartz
Jan 14, 2020


Vandag se vrou
Op Apple TV het ek begin om die komedie-reeks, Dickenson, te kyk, wat vaagweg gebaseer is op die lewe van die digter Emily Dickenson. Die re
Ivor Swartz
Nov 19, 2019


Helde van die Kruis
Die aaklige gebeure van die afgelope paar weke in ons land het almal kwaad gemaak, en almal is moeg, en skree “genoeg is genoeg”. Dis tyd om
Ivor Swartz
Sep 24, 2019


Oordeel van binne- nie buite
Een Sondag-oggend kort na ek klaar gepreek het in een van ons dienste, kom sê die opsigter dat daar buite die kerk ‘n hawelose ou dringend n
Ivor Swartz
Jul 30, 2019


Gehoorsaamheid in Teleurstelling
As ons eerlik is met onsself, weet ons meeste van die tyd nie waarmee God besig is in ons lewens nie. Of, vir party mense is die stelling ee
Ivor Swartz
Jul 2, 2019
bottom of page


