top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Dis nie sommer net ophou glo nie
Nee, jou geloof is nie so broos soos wat sommige mense jou wil laat glo nie. Ek praat nou van diegene wat gedurig wil ophou glo as moeilikhe
Stephan Joubert
Jan 27, 2023


Stereotipes
Stereotipes is dodelik en omtrent elke keer verkeerd! Tog bepaal daardie einste stereotipes, wat ons in ons koppe oor ander mense ronddra, h
Stephan Joubert
Jan 20, 2023


Verbruikers
Nou die dag praat ‘n internasionale kerkleier in die Ooste by ‘n samekoms van kerkleiers en waarsku die mense teen die gevare van globalisas
Stephan Joubert
Jan 13, 2023


Nie reg nie
Ek het grootgeword met die ongeskrewe maar gevestigde idée dat net leraars en sendelinge voltyds geroep is om vir God te werk. Die res van o
Stephan Joubert
Jan 6, 2023


Moeg vir die gewone
Is jy moeg vir jou geloofslewe soos wat dit tans daar uitsien? Is dit vaal, vervelig en boonop ook hoogs voorspelbaar? Wel, dan is dit tyd d
Stephan Joubert
Dec 23, 2022


Kyk op
Dis niks lekker om op die grond neer te slaan nie; veral nie as jy boonop met jou gesig eerste in die modder beland nie. Ken jy daardie gevoel? Weet jy van modder-lê? Doen jy dit deesdae gereeld? Het jy al gewoond geraak aan die seerkry-kante van die lewe? Wel, moenie dan net so bly lê nie. Draai ‘n slag om, want as jy nog kan omdraai, dan kan jy ook mos opkyk. En as jy kan opkyk, dan kan jy opstaan.
Stephan Joubert
Dec 16, 2022


Aanwesig
‘n Geprivatiseerde godsdiens waar ek my geloof in isolasie van die daaglikse werklikhede bedryf, is gevaarlik. Kort voor lank laat dit my glo dat die ganse wêreld boos is en te alle koste vermy moet word. Dan sien ek God later maar net as ‘n afwesige Huiseienaar wat eintlik nog net opdaag vir Bybelstudies en eredienste by die kerk, maar wat nie omgee wat elke dag in die wêreld gebeur nie. Wel, feit is dat God sy wêreld met oorgawe liefhet. Elke mense op planeet aarde het ‘n e
Stephan Joubert
Dec 9, 2022


Die goeie lewe
Hoe klink jou eie definisie van die goeie lewe; daardie soort lewe wat jou tuis laat voel? Wel, ‘n oorsese studie het onlangs bevind dat die gemiddelde persoon van veertig jaar die goeie lewe primêr identifiseer met groot huise, die regte motors; ‘n vakansiehuis en vakansies by eksotiese plekke. Vir die onder-veertigs hou die goeie lewe weer verband met die regte voorkoms, styl, voertuie, elektroniese speelgoed, en besoeke aan die regte uithangplekke.
Stephan Joubert
Dec 2, 2022


Almal doen dit
Jy ken die nuwe wagwoorde: “Almal doen dit; daarom kan ek ook.” “As niemand by stopstrate of verkeersligte stop nie, hoekom moet ek dit doen?” “As niemand hulle aan iemand anders steur nie, hoekom moet ek dit doen?” Hierdie vrae is die nuwe wagwoorde, die nuwe manier van leef vir te veel mense in ons land. Hoekom moet ek dit dan vandag oorweeg om heeltemal anders as “almal” te wees. Wel, omdat ek nie “almal” se slaaf is nie en ook omdat “almal” dikwels verkeerd is.
Stephan Joubert
Nov 25, 2022


Ons dra sy handtekening
Ek onthou hoedat Gandalf iewers in The Lord of the Rings-sage sê dat ons nie die tye kan kies waarbinne ons gebore word nie. Maar dan voeg hy by: “But we are responsible for the time that is given to us.” Sjoe, dis ware woorde. Baie van ons sou dalk elders wou geleef of gebly het. Of in ‘n ander, meer vreedsame tyd in die wêreldgeskiedenis gebore gewees het. Dis egter alles net drome. Ons leef juis hier in millennium drie in ‘n wêreld met chaos en skoonheid, dood en lewe, hoo
Stephan Joubert
Nov 18, 2022


Drie sinne
As jy wil vorentoe groei in jou verhoudings met die Heilige Gees, asook met jouself en ander mense, dan is daar drie sinsnedes, wat jy dadelik jou eie moet maak. Nommer 1: “Ek weet nie.” Nommer 2: “Ek het ‘n fout gemaak.” Nommer 3: “Ek het van standpunt verander.” Al drie wys jy’s nie te groot in jou eie oë nie. Soms weet jy eenvoudig net nie. Vra maar vir Paulus, wat in 2 Korintiërs 4 ruimtelik erken dat hy nie al die antwoorde gehad het nie. Trouens, hy sukkel soms om God s
Stephan Joubert
Nov 11, 2022


Luister na die regte mense
Kan jy glo dat jou godsdiens jou soms blind kan maak vir ‘n wyer kyk op God se genade? Ja, inderdaad! Jy kan maklik vasval in jou selfgemaakte godsdienstige agendas, waarbinne jy maar net jou eie lysie sondes van vroeg tot laat aanspreek en jou standaardoplossings vir die kerk en die wêreld se probleme op die tafel neersit. Maar dit kan jou soms blind maak vir ‘n wyer kyk op die Gees se werk. Daarom het jy ‘n paar goeie vriende baie naby aan jou nodig.
Stephan Joubert
Nov 4, 2022


Bou reg
“Hoe kan ek oorleef as Eskom die kragtariewe verhoog, as inflasie buite beheer styg en as kos onbetaalbaar duur word?” wonder jy. Voel jy ook dat die skerp kante van die lewe ses - stroop daar op jou eie voorstoep wen? Nou ja, dit hang natuurlik af van watter meetinstrumente jy gebruik om jou eie geluk of ongeluk mee te meet. As dit net met al daardie lang Y-dinge te make het – wat jy ry, waar jy bly en wat jy elke maand in geldterme kry - dan gaan jy bes moontlik met ‘n paar
Stephan Joubert
Oct 28, 2022


Maandag ook
Terwyl die wêreld 27 triljoen SMS’e elke jaar rondstuur, 60% jongmense hulle verhoudings via selfone en Instagram bou en beoefen en rekenaarverkope in Suid-Afrika met meer as 12% per jaar groei, is ons iewers langs die pad besig om ‘n stukkie menswees in te boet. Ons eindelose beheptheid met nuwe tegnologiese speelgoed en ons gedurige behoefte om vermaak te word, veroorsaak dat ons, ons Godgegewe verstandelike vermoëns en ons dienbare verkwansel.
Stephan Joubert
Oct 21, 2022


Grassny kan ‘n ligskyngebeure word
Een van die belangrikste dinge, wat die Gees in ons doen, is om ons diensbaar te maak. Hy gebruik ons as effektiewe spreekbuise vir Jesus in die klein dingetjies en in die oënskynlike toevallighede van ons daaglikse lewe. Nou die dag vertel iemand dat haar man vanweë werksdruk vir twee weke nie die gras gesny het nie. Toe sy sien iemand sny die nuwe bure se gras, het sy oorgestap en vir die “tuinhulp” gevra of hy ook hulle gras sal kom sny. Hy het ingewillig.
Stephan Joubert
Oct 14, 2022


Piesangs maak soms die verskil
Chris Seay, ‘n Amerikaanse leraarsvriend van my sit op ‘n keer in ‘n vliegtuig. Hy hoor hoe ‘n man agter hom vir die lugwaardin vra of hulle ‘n piesang vir sy kind het, maar hulle kon hom nie help nie. Chris het egter ‘n piesang in sy handbagasie gehad. Dadelik het hy toe sy piesang aan die onbekende gesin agter hom weggegee. Die pa kon dit nie glo nie. Hy het oor en oor vir hom dankie gesê. Later vind hy uit my vriend is ‘n leraar. Toe was hy eers in ekstase en vertel vir a
Stephan Joubert
Oct 7, 2022


Neem risiko’s
Party mense bereik op die ou einde niks in hul lewens nie, omdat hulle nooit enige risiko’s neem nie. Ander weer neem die verkeerde risiko’s en faal, omdat hulle nooit regtig voor die tyd behoorlik daaroor nadink nie. Risiko’s is nodig, die regte soort. Sonder waagmoed word ons lewens voortdurend geteister deur daardie drie gevaarlike “V’s”: vaalheid, voorspelbaarheid en verveligheid. Ons kreatiwiteit en leergierigheid neem dramaties af namate ons leefroetines al hoe meer out
Stephan Joubert
Sep 30, 2022


Vergeet van ontruiming
Die Gees van God is nie tans besig met ‘n groot aardse ontruimingsaksie om ons hier weg te kry nie. Sy doel is nie om ons elkeen, wat voor Christus buig, so gou as moontlik uit die wêreld te kry nie, maar om die hemel juis hier tussen ons op aarde te laat grond raak. Die beste plek in die hemel is nou op aarde. Die Gees het God se koninkryk na ons toe gebring sodat ons juis hier en nou volspoed vir God kan leef. Nie een van ons is geroep om pad te gee uit die wêreld en by een
Stephan Joubert
Sep 23, 2022


Een van ons
Ek hoor onlangs van die bestuurder van ‘n groot Amerikaanse waspoeiermaatskappy, wat in Sjina werk, maar wat eers vir ‘n paar maande tussen die plaaslike mense daar gaan bly het voordat hulle produkte geloods is. Toe vind hy in daardie tyd uit dat die water in Sjina te “hard” is en nie skuim maak as waspoeier bygevoeg word nie. Hierdie slim bestuurder se oplossing het miljoene rande aan sy maatskappy besorg, toe hy ‘n nuwe ensiem by hul waspoeier gevoeg het, wat skuim maak. D
Stephan Joubert
Sep 16, 2022


Tot voordeel van ander
God se stem weerklink soms op verrassende maniere. Ons hoor Hom in die stukkende skepping rondom ons, wat om hulp smeek; in die noodkrete van ‘n hawelose kind; in die vertroosting van Goeie Nuus vanaf ‘n genadige kansel. Op so baie maniere praat God met ons, op maniere, wat ons dalk nog nooit vantevore gehoor het nie, of waarvoor ons doof geword het. God praat soms hard en ander kere sag. Jy moet derhalwe die kuns van luister aanleer. Jy moet mooi luister om Sy stem tussen al
Stephan Joubert
Sep 9, 2022


Moenie foutvinderig leef nie
In ‘n onlangse omvattende studie in die VSA, waarin daar gevra is na die verskil tussen Christene en nie-Christene se optrede, het die meeste respondente gesê: “Christene is te veroordelend en liefdeloos.” Hoe jammer dat diegene, wat veronderstel is om die wêreld met liefde te verower, soms selfaangestelde regters oor ander mense geword het. Luister maar net na sommige gelowiges se skerp tonge in die kerk, dan besef jy dit opnuut.
Stephan Joubert
Sep 2, 2022
bottom of page
