top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Hy sorg dat dit werk
As mens so rondom jou kyk en sien hoedat kerke by die dag kwyn, dan wil jy vra: “Waar gaan dit alles heen?” En dan wonder jy dalk ook in jou hart hoe jyself sal staande bly tot op die einde? Maar die goeie nuus is dat God nooit die werke van sy hande laat los nie. Hyself bring mense tot geloof en Hyself bly enduit deur sy Gees by ons elkeen. In Filippense 1:6 skryf Paulus op ‘n treffende manier dat God die goeie werk wat Hy in ons begin het enduit sal deurvoer tot op die dag
Stephan Joubert
Aug 21, 2020


Net seker van die Gees
Ons is so in beheer van ons lewens en ons wêreld as wat kan kom. Ons selfone maak ons op enige plek bereikbaar. Ons GPS keer dat ons verdwaal. Ons rekenaars sorg vir seepgladde toegang tot die super-informasie hoofweg. Vandag se wêreld is meer effektief as ooit. Tog is die mensdom diep ongelukkig. So bevind die tydskrif Time onlangs. Meer huwelike spat uitmekaar, meer kinders gebruik dwelms en meer gesinne verbrokkel as ooit –ten spyte van ons tegnologie, terapeute en kerklik
Stephan Joubert
Aug 14, 2020


Twee dinge
Maarten Luther het gesê daar is twee dinge wat elke mens alleen moet doen. Om te glo en om dood te gaan. Niemand anders kan namens jou glo of sterf nie. Op die ou end is dit jy wat met jou eie lewe voor God moet staan. Geloof is die enigste sleutel om die lewe én die dood te oorleef! Maar tog is geloof ten diepste ook ‘n gawe van die Gees. Dis Hy wat die saad van die Woord op goeie grond in my hart laat val het. Dis ook Hy wat gekeer het dat die aasvoëls vanuit die doderyk di
Stephan Joubert
Aug 7, 2020


Geesvervuldes omhels die wêreld
Geesgevulde mense beskou die wêreld nie as ‘n vyandige plek nie. Hulle sien alle ander mense as beelddraers van God. Hulle weet ook dat God mense liefhet, al het sonde hulle lewens pikswart bekrap. Hulle wil hierdie goeie nuus met almal deel sonder om ooit te veroordeel. As navolgers van Jesus, en ook propvol met die nuutmakende krag van die Gees wil hulle ander mense bewus maak van God se liefde en nie teen alles en almal in die samelewing wees wat “Christelike waardes” bedr
Stephan Joubert
Jul 31, 2020


Geesvervulde gemeenskappe groei
Christus waarborg dat waar Hy deur sy Gees aan die werk is, daar groei sal plaasvind. Nee, nie in die eerste plek numeriese groei nie, maar groei in mense se verhouding met God. Om geestelike te groei, beteken om te vorder in jou liefde vir God en jou toewyding aan Hom. Dit beteken ook om te vorder in jou verhoudings met ander. Maar groei beteken ook dat nuwe mense gereeld tot inkeer kom, soos wat Handelinge 2:47 vertel.
Stephan Joubert
Jul 24, 2020


Nie ‘n honderd nie, dan een!
Is dit regtig so moeilik om vir een ander persoon gedurende die volgende 24 uur om te gee? Is dit so swaar om Jesus se verteenwoordiger by een van sy geliefdes te wees as Hy jou vra om dit te doen? Is dit onmoontlik om Spreuke 19:17 se woorde waar te maak dat om vir iemand in nood te help is om ‘n lening aan die Here te maak? Natuurlik nie. Dis wat Geesgevulde mense doen. Hulle harte en hande is oop.
Stephan Joubert
Jul 17, 2020


Diens tel
Kerkwees beteken vir Geesgevuldes nie om nog meer betrokke te raak by die eredienste en Bybelstudies van hul plaaslike kerk nie. Te veel mense dink dat groter toewyding aan die Here in dieselfde asem beteken dat jy nog meer dinge elke week by die kerk moet bywoon. Nou ja, daars niks mee verkeerd om sulke kerklike aksies te ondersteun nie. Inteendeel! Maar dis nog lank nie genoeg nie. Eers wanneer Christene wegstap van kerklike persele af en in die regte wêreld daarbuite begin
Stephan Joubert
Jul 10, 2020


Raak Gees-vol
As jy vir krag, impak of resultate gekies het, dan het jy die gewilde keuses gemaak. Meeste gelowiges kies dit as hulle ‘Christelike sukses’ omskryf. Diensbaarheid, persoonlike toewyding en aanbidding kom hierna. Die hartseer is dat definisies van sukses, voorspoed en geluk in die wêreld soms net so deur kerklikes oorgeneem en op hulleself toegepas word. Dink daaraan, in die wêreld rondom ons gaan dit net oor krag, impak en sigbare resultate. Ons volg egter ‘n ander Heer met
Stephan Joubert
Jul 3, 2020


Hoe meet jy Geesvervuldheid?
Die meetinstrument vir egte lewe in die kerk is nie geleë in die aantal programme of aksies wat kerke aanbied om nog meer mense op hul perseel te kry nie, maar in die vraag of diegene wat al hierdie aktiwiteite bywoon bedienings van hul eie in plek het as hulle die kerkgebou verlaat. Dis juis buite die kerk se deure waar Geesvervuldheid wys… of nie! Die vraag is dus hoeveel kerkgangers is deurlopend betrokke by selfstandige aksies soos die versorging van armes; ondersteuning
Stephan Joubert
Jun 26, 2020


Gee tot jy dit voel
Jare gelede het ‘n prediker een keer in ‘n preek gesê dat as ons ou klere na die kerk toe bring, dan moet ons seker maak dis silwerskoon. En as ons gebruikte goedere weggee, moet ons seker maak dis in ‘n goeie toestand. Die kerk is nie maar net ‘n gerieflike aflaaiplek vir rommel wat in ons pad is nie. Ook het hy bygevoeg dat Geesvervuldheid wys in die maniere hoe ons teenoor die armste mense optree.
Stephan Joubert
Jun 19, 2020


Oop harte = oop hande
Mededeelsaamheid is die wagwoord daar waar die Gees werk. Dit sien ek in die Jerusalemgemeente se optrede. Sonder dat iemand dit vir hulle gesê het, het die deure van hulle harte in mekaar se rigting oopgegaan. Vrygewigheid was nou die nuwe wagwoord. Hoe kon hulle aan hul eie besittings vasklou terwyl hul medebroers en suster in die Here broodgebrek gely het? Wat ‘n slegte advertensiebord sou hulle dan nie vir Christus wees nie. Daarom het die Gees hulle beursies laat oopgaan
Stephan Joubert
Jun 12, 2020


Leeg van myself
‘The world revolves around me.’ Dit lees ek onlangs op die T-hemp van iemand anders. Ware woorde vir te veel mense. Dit gaan net oor onsself. Godsdiens bevry mense nie noodwendig van selfsug nie, soos wat ons gister ook gesien het. Baie misbruik maar net godsdiens om al die aandag op hulleself te hou. Dit gaan oor hulle groot getuienisse; hulle suksesse op die Here se pad en oor alles wat hulle vir die Here doen. Daar’s heeltemal te veel sulke “Christelike celebrities’ tussen
Stephan Joubert
Jun 5, 2020


Ontsag wys die Gees is hier
Toe die Gees die Jerusalemgemeente oorspoel het, het daar ‘n nuwe leefstyl tussen hulle posgevat. Hulle was van meet af toegewyd aan God en aan mekaar. Hulle liefde vir die Here en ander mense was voelbaar, proebaar en sienbaar. Maar dit was veral hulle ontsag vir God wat soos ‘n paal bo water uitgestaan het.
Stephan Joubert
May 29, 2020


Studente van die begin af
Een van die bekendste tekste oor die Gees se werk is Handelinge 2:42. Dit vertel van die radikale verandering wat die Gees te weeg gebring het in die Christelike gemeenskap in Jerusalem. Wat my veral aangryp van hierdie Geesvervulde gemeenskap, is dat hulle hulleself eerstens toewy aan die leer van die apostels. In gewone Afrikaans gesê, hulle het dadelik aangemeld as studente in die apostels se Bybelskool!
Stephan Joubert
May 22, 2020


Orals en altyd
Iemand vra onlangs vir ‘n vriend van my waar’s een of ander kerk. “Sien jy die dame wat daar in die koffiewinkel sit?” vra hy. “Sy’s ‘n volgeling van Jesus. As jy die kerk soek, gaan praat met haar!” Aangrypend! Te veel mense se eerste assosiasie met die woord “kerk” is met kerkgeboue, nie met diegene in daardie geboue nie.
Stephan Joubert
May 15, 2020


Almal deel in die fees
Almal is ingesluit. Christenskap is inklusief. Dit is nie net vir ‘n paar uitgesoektes bedoel nie. Nee, almal is in Jesuse se genade visier - jonk en oud, naby en ver, Jode en nie-Jode. Jesus sluit niemand uit nie. As die Gees kom, moet almal eenvoudig in sy feesvierings deel. Daarom dat die hele wêreld na die moeder van alle partytjies uitgenooi is. Daar is nog genoeg plek oor by hierdie feesmaal, soos wat Jesus in Lukas 14 vertel.
Stephan Joubert
May 8, 2020


Glo en ontvang
Nee, hierdie vers is nie ‘n volgorde van gebeure soos wat party mense dit graag wil verstaan nie. Ons kan nie die Gees se werk vasvang in ons skemas nie. Onthou, Hy is soos wind, Hy waai waar en soos en hoe Hy wil. Niks of niemand kan die Gees vasvang nie. Wat Petrus wel hier aan die groot skare sê wat wil weet hoe hulle gered moet word, is dat hulle hul bestaande leefwyse moet laat staan en God in die oë kyk. Mens noem dit bekering! Hulle sondes en foute sal weggewas word de
Stephan Joubert
May 1, 2020


Jesus doen sy beloftes!
Die Gees is Jesus se geskenk aan ons in sy plek. Soos wat Hy beloof het toe Hy op aarde was, sou Hy by die Vader die Gees ontvang as Hy sy ereplek langs die Vader inneem. Dan sou Jesus die Gees oor al sy mense uitgiet. Presies dit het op Pinksterdag gebeur. Ook vir jou en my geld hierdie aangrypende geskenk uit die hemel. God se Gees is die grootste gawe van God hier in die eindtyd om die kerk op koers te hou. Die Gees waarborg Christus se persoonlike teenwoordigheid by ‘n ie
Stephan Joubert
Apr 24, 2020


Jesus in die fokus
Wanneer die Gees werk, val die klem altyd op Jesus. Dis 'n beginsel wat ek regdeur die Nuwe Testament raakloop. Jesus self het beloof dat dit sal gebeur. Die Gees sal Hom verheerlik as Hy weggaan (Johannes 16:14). Die Heilige Gees is nie ‘n aandagtrekker nie. Hy skuif graag agter Jesus in. Sy werk is om die fokus op Jesus te hou. Daarom sien ek dat die Gees kliphard aan die werk is in kerke waar Jesus vreesloos verkondig word.
Stephan Joubert
Apr 17, 2020


Gebruik dit, of verloor dit!
Die vervulling met die Gees werk in ‘n sekere sin soos daardie “use it, or loose it” reël in rugby. Ja, ek weet die Gees is ten volle by my en dat Hy my nie verlaat nie. Ek glo ook met my hele lewe dat Christus my veilig tot anderkant die doodlyn dra. Maar ek weet ook ek kan nie eindeloos bly vasklou aan laasweek se opgebruikte geloof nie. My pad saam met die Gees gaan oor hoe ek hier en nou, vandag, oop is vir sy werk. My verhouding met Christus moet vandag ‘n impak op my le
Stephan Joubert
Apr 10, 2020


Toe staan Petrus op
Merkwaardige woorde, dié! Nou die dag nog het Petrus op sy gesig in die modder gelê nadat hy Jesus verloën het. Maar nou staan hy op tussen die groot skare wat saamgedorm het om te kom kyk wat aan die gebeur is. Vol van die Gees het die apostel die skare in die oë gekyk wat gedink het party van die Christene wat in verskillende tale praat is dronk. Hy het hulle dadelik reggehelp deur te sê dat die woorde van Joël 2 pas in hulle midde op ‘n nuwe, aanskoulike wyse in vervulling
Stephan Joubert
Apr 3, 2020
bottom of page
