top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Kop eerste, woorde tweede
Iemand skryf iewers ons beursie is die laaste ding in ons lewe wat tot bekering kom. Dalk is daar iets wat nog moeiliker tot bekering kom. Ek praat van ons tong. Jakobus sê dis ontembaar en lewensgevaarlik. Ons woorde is wapens. Wag! Dit hang van onsself af of dit wapens van opbou is, of wapens van massa vernietiging. Die krag van opbouende taal, asook die gevare van mond-sondes word gereeld aangeroer in die Bybel. Ten minste moet jy die volgende doen(!) om jou tong te belyn
Stephan Joubert
May 28, 2020


Systap daardie dodelike twee
Wat as daar nie gou ’n teenmiddel teen die korona virus gevind word nie?” “Wat as ek ook alles gaan verloor in hierdie tyd?” “Wat as laer vlakke van grendeltyd nie binnekort aanbreek nie?” “Wat as die onderwys in duie stort; misdaad toeneem; kerke liberaal word…? Te veel mense bou hulle lewe op sulke “wat as” of “what-if” scenarios. Hoe meer jy egter met negatiewe scenarios soos hierdie werk, hoe meer wen bekommernis en onsekerheid in jou lewe.
Stephan Joubert
May 25, 2020


Gewone mense maak ook saak vir Jesus
Jesus het sy lewe verruil aan die kruis vir stukkendes, uitgeworpenes, gevallenes, dwelmgebruikers, misdadigers, duiwelaanbidders, randfigure en kie. Dit is waar. Maar Hy het ook die kruispad geloop vir gewone mense wat gewone lewens leef. Jy hoef regtig nie ’n baie groot sondaar te wees voordat God jou liefhet, of voordat Jesus kans sien om jou laste op sy skouers te tel nie. Ook hoef jy nie ‘n verloste duiwelaanbidder te wees, of ‘n gewese dwelmslaaf voordat jy ‘n kragtige
Stephan Joubert
May 21, 2020


Dit is geen grap om so te sê nie
In Engels praat hulle van ’n “escape clause.” Vir jare lank het ek ook so iets in my agterkop gehad. Dit was my “get out of jail free” kaartjie. O ja, so klink dit: “Die Here ken my hart.” Ek het hierdie woorde graag gebruik wanneer ek misverstaan is. Of wanneer ek verkeerd was. Dan het ek iets gesê soos: “toemaar, julle verstaan my nie, maar gelukkig ken die Here my hart.” Dan was ek in my eie oë dadelik weer terug op die morele hoëgrond. Wel, dit was die geval totdat die He
Stephan Joubert
May 18, 2020


Jy leef. Jy het die dood geklop.
Feodor Dostoyevski (1821-1881), die bekende Russiese skrywer se eie lewe was op 22 Desember 1849 amper verby. Hy is ter dood veroordeel as lid van ‘n literêre vereniging wie se publikasies bedreigend was vir die Tsar. Hy sou op ‘n plein in St Petersburg tereggestel word saam met ander gevangenes. Toe word daar aangekondig dat die tsar besluit het om hulle lewens te spaar.
Stephan Joubert
May 14, 2020


Jy het oorgenoeg kapasiteit
Alles het ’n sekere kapasiteit. Enige motor kan net soveel bagasie neem. Selfone en rekenaars het net soveel geheue en spasie. Dieselfde gebeur met ons as mense. Ons raak vol. Dit lei ek af as ek opmerkings hoor soos: “Ek is nou behoorlik keelvol.” Dan weet ek iemand se geduld-spasie is min of meer opgebruik. As iemand iets sê soos: “My beker loop oor van dankbaarheid,” dan weet ek hulle blydskap-kapasiteit is oorskry. Dit lek selfs al uit oor hulle lippe.
Stephan Joubert
May 11, 2020


’n Vinnige meesterklas oor die liefde
God is liefde. Hy het ons heel eerste lief. Hy het ons al die pad lief. Dit kos Hom ’n kruis om sy liefde vir ons te wys. Die Here vra dat ons Hom terug moet liefhê met alles in ons. Ook vra Hy dat ons mekaar moet liefhê. Om lief te hê, behoort vir ons maklik te wees. Dit is tog deel van ons identiteit as kinders van God. As ons nie liefhet nie, dan maak ons ’n bespotting van God se liefde vir ons en ons geloof in Hom. Die eerste Johannesbrief sê sommer padlangs dat ons leuen
Stephan Joubert
May 4, 2020


Alleenheid is nie alleen nie
Alleenheid is nie dieselfde as om alleen te wees nie. Om alleen te wees is soms goed en nodig, veral vir die introverte tussen ons. Alleenheid of eensaamheid is egter iets anders. Dit is daardie pynlike gevoel van sosiale isolasie. Dit is om gediskonnekteerd te wees van ander mense. Drie navorsers genaamd Holt-Lunstad, Smith en Layton het in ’n onlangse studie bevind dat iets soos ernstige oorgewig jou kans op ‘n vervroegde dood met 20% verhoog; dat ernstige alkoholverbruik j
Stephan Joubert
Apr 30, 2020


Laat staan daardie babakos
Babatjies is die wonderlikste mensies denkbaar. Daarom dat grootmense so bekommerd is wanneer babas siek word. Dan moet die dokters kom help! Maar in die kerk gee ons nie so baie om dat gelowiges lewenslank geestelike babas bly nie. Trouens, baie gemeentes se strukture is so ingerig dat kerkleiers van vroeg tot laat baba-oppassers is. Dit is hulle werk om geestelike bottels aan te dra.
Stephan Joubert
Apr 27, 2020


Daar’s nie genoeg plek in jou hart vir dubbele lojaliteite nie
Die wêreld waarbinne die Bybel ontstaan het was ’n wêreld propvol dooie gode en godinne. Dit was vir baie mense in daardie tyd vreemd om te moes hoor daar is net een ware God. Tog is dit nie net die reine waarheid nie; dit is ook bevrydend. Om ’n horde gode te moet dien is sieldodend. Letterlik! Jesus het gesê ons kan nie vir twee here tegelyk werk nie. Ons kan nie dubbele lojaliteite hê nie. Ons harte beskik nie regtig oor sulke kapasiteit nie.
Stephan Joubert
Apr 23, 2020


Jy kies nie die kaarte nie, maar jy kies hoe jy speel
Do all you can, with what you have, in the time you have, in the place where you are - Nkosi Johnson het dit gesê. Hy is op 12 jarige ouderdom dood. Tot op daardie stadium was hy ’n kampvegter vir kinders wat HIV slagoffers is, soos hyself. Aan sy eie klein lyfie het hy beleef die lewe is nie regverdig nie. Ongelukkig was dit nog nooit regverdig nie. Dit sal ook nooit wees nie. Nie almal kry gelyke kanse nie. Nie alle kaarte in die pak is eweredig uitgedeel nie. Party mense d
Stephan Joubert
Apr 20, 2020


Anderkant die kruis
Jesus se aardse sending het spoedig ontaard in ’n lewensgevaarlike sending. Sy ontmaskering van die godsdienstiges se doodsheid, asook sy omgee vir onreines en sondaars het Hom uiters ongewild gemaak in die kringe van die magshebbers van die dag. Nogtans het Jesus se radikale boodskap van genade sondaars, verlorenes en randfigure se harte op elke plek aangeraak. Verlore mense is opgespoor. Siekes is genees. Bose magte het die wyk geneem. Die hemele het oopgegaan bokant stukke
Stephan Joubert
Apr 16, 2020


Die grootste evangelis in Japan is…
Die vroeë kerk, en miljoene ander Christene deur die eeue, se helder geloof was magneties mooi. Hulle het inderdaad ’n gesonde infeksie veroorsaak, daardie soort waaroor C. S. Lewis skryf in sy klassieke werk ‘Mere Christianity:’ (1952) “He (Christ) came to this world and became a man in order to spread to other men the kind of life He has—by what I call ‘good infection.’” Die uitdaging voor ons is hoe ons almal ’n gesonde infeksie kan veroorsaak vir die Here. En hoe ons dit
Stephan Joubert
Apr 13, 2020


Toe gaan die Seun van God dood
Kan die Kind van God doodgemaak word? Dit is eintlik ’n skrikwekkende vraag, om die minste te sê. Tog is dit die realiteit waarmee die kruis van Golgota ons elkeen konfronteer. Dit wat daar by die kruis gebeur het met Jesus, is in een woord skrikwekkend. Geen twyfel hieroor nie. Jesus se kruisdood is haarfyn georkestreer deur die godsdienstige en politieke magshebbers van die dag. Sy stem moes met geweld stilgemaak word. Presies dit het hulle ook reggekry, - totdat Jesus die
Stephan Joubert
Apr 9, 2020


God se liefde het ’n lyf
Hy het die wêreld vir altyd andersom laat draai- hierdie Man wat geen boek geskryf het nie, geen land regeer het nie, geen weermag rondom Homself geskaar het nie, en geen politieke of ekonomiese mag besit het nie. Ek praat van Jesus. Sy dissipels was eenvoudige mense. Sy aanhangers het uit sondaarskringe gekom. Sy vyande het hom afgeskryf as ’n godslasteraar, maar sy navolgers het bely Hy is die Messias, die Seun van God. Met sy woorde het Jesus bose magte laat vlug en siekte
Stephan Joubert
Apr 6, 2020


My God, my God waarom?
Musiek is deel van die lewe en van die dood. Daarom sing ons ook by begrafnisse. Maar Jesus sing selfs terwyl Hy besig is om dood te gaan. Meer korrek, Hy kreun die woorde van Psalm 22 uit daar aan die kruis: “My God, my God, waarom het U my verlaat?” 'n Klaagpsalm weerklink daar by Golgota op die Seun van God se lippe, een van verlatenheid.
Stephan Joubert
Apr 2, 2020


Jy is nie niks as jy niks doen nie
In Engels praat ons van mense as “human beings.” Eintlik is dit nie heeltemal reg nie, want baie van ons is “human doings.” Ons vind ons identiteit in dit wat ons doen. Ons is en word dit waarmee ons besig is. Wanneer ons in hierdie slagyster trap, dan moet ons al hoe meer doen, en dit ook al hoe beter doen, om ons eie waarde te behou. Dan dink ons dat ons eintlik net waarde het vir ander mense solank as wat ons presteer. Die slim ouens noem dit die “performance acceptance tr
Stephan Joubert
Mar 30, 2020


Hoor God
Om God in jou eie taal te hoor, is om nuwe taal te hoor. Nee, God praat nie maar net in ons bestaande tale nie. Hy gee terselfdertyd ook ‘n
Stephan Joubert
Mar 27, 2020


Jesus loop die genade-loop
Jesus se aankoms hier tussen ons was geen sagte landing nie. Met ’n voerbak as eerste bed en herders as eerste besoekers was dit van die beg
Stephan Joubert
Mar 26, 2020


Terwyl ons weer leer hande was, leer ons nuwe dinge oor ons geloof
Wie weet, dalk bring hierdie nuwe tyd ons almal ’n paar treë nader aan die essensie van geloof soos wat die Nuwe-Testamentiese Christene dit
Stephan Joubert
Mar 23, 2020


Almal word vol
Die Gees is nie vir enkelinge bedoel nie, maar vir almal. Die Gees verdeel nie, maar verenig. Hy onderskei nie tussen Christene nie. Nee, as Hy kom, kom Hy oor almal. Elkeen wat Jesus ken, is 24/7 binne sy visier. Ons almal is sy witbroodjies. Die Gees werk nie net in “groot” Christene nie. Sedert Pinksterdag is ons almal sy permanente woonplek en werkplek. Nou het die Gees gekom om te bly en om ons almal tot ‘n nuwe span saam te snoer.
Stephan Joubert
Mar 20, 2020
bottom of page
