top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


God se pad met jou het begin toe jou naam op die gastelys geplaas is
Geen pad gaan maar net iewers heen nie. Alle paaie kom ook van êrens af. Op ’n bepaalde punt sluit jy altyd aan by ’n bestaande pad. Jou eie geloofspad kom ook van iewers af. Dit het nie eers begin toe jy ’n Christen geword het nie. Nee, dit het al begin toe jou naam op God se gastelys geplaas is. Nog lank voor jyself dit geweet het, was jy reeds ’n genooide na die hemelse feesmaal.
Stephan Joubert
Nov 2, 2020


As dinge beter raak, word jy nie vanself blyer nie
Mense is van nature probleem-raaksieners. Dit bevind die bekende Amerikaanse navorser Dan Gilbert. In een van sy studies oor geluk kom hy tot die gevolgtrekking mense is oor die algemeen slegte beoordelaars van dit wat hulle gelukkig maak en wat nie. Selfs wanneer probleme binne enige situasie verminder, soek mense dadelik na ’n paar nuwe moeilikhede. Of hulle skep sommer ’n paar nuwes. Of hulle maak klein probleme skielik groter as wat dit tevore was.
Stephan Joubert
Oct 29, 2020


God programmeer my lewe nie vooruit met vervaldag en al nie
“My tyd is in U hand.” So sê die psalmskrywer in Psalm 139. Dit beteken nie ek is soos ’n robot vooruit geprogrammeer met ‘n vervaldag en al nie. Ek loop nie rond met ’n stempel iewers op my, wat lees: “Vervaldag op dag X van die jaar 20YZ” nie. Of: “GEBRUIK VOOR DAG X”
Stephan Joubert
Oct 26, 2020


Die Here vat my soos wat ek is, maar lós my nooit soos wat ek is nie
Ek sê partykeer grappenderwys ek hou van alle mense. Ek hou van sommiges se gesig en van ander se rug. Ek hou van party mense as hulle kom en van ander mense weer as hulle gaan. Die feit bly, daar is altyd plek in my hart vir nog iemand om nie van te hou nie. Dit lyk vir my ek het ’n eindelose kapasiteit vir liefdeloosheid. Tog lyk dit nie of ek dieselfde ruim kapasiteit vir liefde het nie. Dit is vir my makliker om eerder ander mense se droogmakery raak te sien, as al die mo
Stephan Joubert
Oct 19, 2020


Gepaste gebooie vir ons aangepaste “normale“ lewe
Ons almal is deur die coronavirus gedwing om ’n groot deel van ons lewe op sosiale mediaplatforms deur te bring. Baie van ons se besighede, kuiers en kerk het hierheen geskuif. Sosiale media is nie net digitale pleisters tot alles weer na “normaal” terugkeer nie. Leer daarom om dit reg te gebruik, want dit gaan deel van ons realiteit in die toekoms wees.
Stephan Joubert
Oct 15, 2020


Jy bou nie jou lewe volgens jou eie bouplanne nie
Argitekte ontwerp bouplanne. Bouers bou dit dan van daar af. Die meeste mense doen dieselfde met hulle lewens. Hulle ontwerp dit, teken dit en bou dit. Die meeste mense speel eienaarbouers van hulle lewe. Hulle maak self al die keuses oor hulle beroep, hulle adres, hulle vrye tyd, hulle leefstyl … Baie gelowiges doen dieselfde. Ja, hulle glo in God en dien Hom, maar Hy is nie régtig die Ontwerper, Bouer en Binnehuisversierder van hulle lewe nie.
Stephan Joubert
Oct 12, 2020


Oppas, God se Naam is gekloon
God se naam is op almal se lippe, maar Hy is nie in almal se lewens nie. Om elke hoek en draai gebruik mense deesdae die Here se naam in die openbaar. Wag, hulle het dit afgewater na ’n stopwoord wat net soos Sy naam klink. Hollywood doen dit. Sportstrerre doen dit. Kuiergaste doen dit. Werksmense doen dit. God se naam is gekloon. Dit het ’n stopwoord vir derduisende mense geword. Of ’n uitroepteken. Of selfs nog erger - 'n lelike woord. Hierdie lippetaal het te veel mense se
Stephan Joubert
Oct 8, 2020


Om te buig is een ding; om te volg is iets heeltemal anders
Om te buig voor God vra ’n kniebuiging. Om Hom te volg vra ’n totale koersverandering van jou ganse lewe. Om te buig voor God is ’n verklaring. Om Hom te volg is ’n voltydse manier van leef.
Om te buig voor die Here vra ’n oomblik of twee van jou tyd. Om Hom te volg vra al jou tyd en jou voltydse lojaliteit.
Stephan Joubert
Oct 5, 2020


Moenie ly onder jouself nie
“Jy ly aan ’n minderwaardigheidskompleks.” Dit het ek ’n onderwyser op skool een keer vir ’n klasmaat hoor sê. Toe al het dit vir my na ’n ernstige siekte geklink. Ek het gewonder of mens ‘n daarvan kan doodgaan. Inderdaad! Nou ja, dalk nie fisies nie, maar innerlik wel. Om minder waarde in jou eie oë te hê as wat die Here aan jou toeken, of as dit wat jy aan jouself behoort toe te ken, is suiwer lyding.
Stephan Joubert
Oct 1, 2020


Kuns is ook een van God se stemme
Daar word vertel dat ’n Nazi offisier een keer ’n besoek gebring het aan die beroemde kunstenaar Pablo Picasso. Dit was tydens die Duitse magte se besetting van Parys gedurende die tweede wêreldoorlog. Hy was gefassineer deur Picasso se “Guernica.” Dit is ’n skildery wat die lyding van mense en diere in hierdie Spaanse dorp uitbeeld na afloop van ’n Duitse en Italiaanse bombardement. “Is dit jou werk?” het die offisier vir Picasso gevra. “Nee, dit is julle werk!” het Picasso
Stephan Joubert
Sep 24, 2020


Ek is ’n rugsteker, maar God is nie
“Moenie mense vertrou wat jou ingedoen het nie.” “Ek gee mense net een kans." As hulle droogmaak vertrou ek hulle nooit weer nie. Ek hoor sulke tipe opmerkings so baie dat ek moet aanvaar mense glo dit regtig. Dan wonder ek wat sou gebeur as God sulke beginsels op ons toepas? Wat sou ons maak as Hy ons net een kans sou gee?
Stephan Joubert
Sep 21, 2020


Sorg dat jou wonde in littekens verander
Daar is ’n verskil tussen ’n wond en ’n litteken. ’n Wond vertel van ‘n vars besering. ’n Litteken vertel van ‘n wond wat genees het. Almal van ons het littekens. Ten minste vertel dit dat ons die lewe geleef het, maar dat die lewe ons nog nie opgeleef het nie. Tog loop ’n paar mense steeds tussen ons rond met oop wonde. Hulle wil nie hê hulle bitterheid teenoor iemand anders moet gesond word nie.
Stephan Joubert
Sep 17, 2020


Kom sit asseblief hier by Jesus se vuur... een wat goeie hitte afgee
Mag ek jou oornooi na ’n ander vuur toe, een wat goeie hitte afgee. By daardie oorkantste vuur brand almal seer. Daar baklei almal. Daar stry almal oor wie is die meeste benadeel en verneder. Vroue, mans, kinders, wit swart, gay, straight, oud, jonk en al die res is daar slagoffers. Daar is soveel oop wonde, soveel rou emosies. Kom sit hier. Hier maak die vuur almal warm. Hier is genesing te vind... asook ‘n bietjie vrede en rus vir elkeen se gemoed. Hierdie is Jesus se goeie
Stephan Joubert
Sep 14, 2020


Gelukkig is die Here nie slegs per afspraak beskikbaar nie
“Mag jy ’n ontmoeting met die Here hê!” Dit word soms aan die begin van eredienste gesê. Maar dit help my nie so baie nie. Meen diegene wat dit sê dalk God is slegs per afspraak bereikbaar? En gebeur dit net tydens eredienste? Of in deesdae se taal - slegs tydens virtuele samekomste van gelowiges? Ontmoet die Here slegs sommiges in die kerklike gehoor? Of staan almal darem ’n gelyke kans om Hom te ontmoet? Wat gebeur as hierdie “ontmoeting” verby is? Gaan ons elkeen dan voort
Stephan Joubert
Sep 10, 2020


Christus nooi ons binne sy verhaal in, nie andersom nie
“Ek het vir Jesus in my lewe ingenooi.” Dikwels hoor jy sulke opmerkings. Mense nooi graag vir Jesus in hulle hart in, maar eintlik gebeur dit net mooi andersom. Jesus nooi mense in sy eie verhaal in. Dit is nie ons wat op ’n goeie dag besluit om Hom in ons lewe toe te laat nie. Dit is nie ons wat besluit ons is gereed om ons hart vir Hom te gee, of om ’n paar veranderinge aan ons lewe aan te bring nie. Nee, Jesus nooi ons na Hom toe. Dit is Hy wat ons deel maak van sy groter
Stephan Joubert
Sep 7, 2020


Die waarheid is ’n een-lyner lank
Eenlyners is baie gewild - daardie kort en kragtige uitsprake van een of ander bekende figuur wat jou ietwat anders oor die lewe laat dink. Sulke “quotes” wemel op die internet. Wel, Jesus is ook briljant met een-lyn lesse oor God en oor die lewe: “Soek eerste die koninkryk van God, en alles sal vir jou gegee word.”
Stephan Joubert
Sep 3, 2020


So, jy sê jy staan op die Bybel….
Die Bybel is ons anker. Dit is die Boek waarop ons staan. Maar ek het agtergekom dit is ’n ander vraag hoeveel mense weet regtig wat in die Bybel staan. Self is ek dwarsdeur my katkisasie jare in die kerk sonder om ooit een enkele Bybelboek deur te werk. Ja, ek het hulle almal se name geken, maar dit is omtrent al. Vir myself was die Bybel min of meer die Groot Verseboek. Hiervan gepraat, ek onthou my tannie het so ’n klein boksie met Bybelversies langs haar bed gehad. As ons
Stephan Joubert
Aug 31, 2020


Wees op die regte Plek
“Location, location, location!” So sê eiendomsagente graag. Die regte adres is alles. Dit geld ook vir navolgers van die Here. Met name is die regte adres vir ons almal die Here se wingerd. In Lukas 13:6-9 vertel Jesus van hierdie wingerd waarvan Sy Vader die Eienaar is. Hyself is hier voltyds aan die werk as Tuinier. Hier sorg Jesus vir vrugte in oorvloed. Hier versorg Hy ook daardie een vyeboom wat nutteloos en sonder vrugte in die wingerd rondstaan. Jesus plaas sy eie repu
Stephan Joubert
Aug 27, 2020


Is jy deel van die ge-dreigdes en die be-dreigdes?
Ek het agtergekom min of meer elke tweede preek, praatjie en plasing op sosiale media platforms dreig ons om iets te doen vir die Here, so asof niemand dit reeds doen nie. Ons moet opstaan, uitstaan, aanmeld, praat… Dis al. Geen getuienis word ooit gehoor van gelowiges wat elke dag volspoed aan diens is vir Christus nie. Geen dreiger sien hulle ooit raak nie.
Stephan Joubert
Aug 24, 2020


Uitbranding is nie verpligtend nie
By te veel toegewyde mense in en om die kerk sien ek tekens van oorwerktheid, stres en uitbranding. Toegegee, party mense brand uit nog voordat hulle vlam gevat het. Maar hulle is die uitsonderings. Uitbranding is dodelik. Kathleen Kendall-Tackett omskryf uitbranding “…as a loss of enthusiasm, energy, idealism, perspective, and purpose; it has been described as trying to run a marathon at full speed.”
Stephan Joubert
Aug 20, 2020


God sê iets moois oor ons
In Engels praat hulle van die “impostor syndrome,” die nabootser sindroom. Dit is daardie gevoel dat jy eintlik maar ’n klug is. Jy voel iemand gaan nog eendag jou bluf roep. Jy is toe nie so oulik, slim, suksesvol, gelowig, of wat ook al soos wat almal dalk dink nie. Jy voel altyd jy skiet te kort. Selfs ’n suksesvolle persoon soos Albert Einstein het soms so gevoel. Hy het een keer opgemerk: “I feel compelled to think of myself as an involuntary swindler.”
Stephan Joubert
Aug 17, 2020
bottom of page
