top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Lag - dis ’n Bybelse opdrag
Die bekende Mayo-kliniek in die VSA stem hiermee saam. In ’n artikel oor die korttermyn en langtermyn effek van lag bevind hulle dat om gereeld te lag, stres verlaag. Dit stimuleer organe soos die hart en longe op gesonde maniere, dit bevorder die afskeiding van gesonde endorfiene deur die brein, ensovoorts. Maar nog meer, lag is ook ’n Bybelse opdrag. Laat ek dit reg sê: blydskap is voorskriftelik op baie plekke in die Bybel.
Stephan Joubert
Oct 3, 2022


Die regte keuse is nie die maklike keuse nie
Nadav Ben-Yehuda was 300 meter van die kruin van Everest af, toe hy afkom op ’n Turk, Aydin Irmak, wat bewusteloos was. Nadav was egter op die punt om die jongste Israeli te word om die kruin te bereik, maar toe maak hy die keuse om eerder vir Irmak te help. Hy het geweet dat as hy dit nie doen nie, sou Irmak sterf. Onder uiters moeilike omstandighede het Nadav hom toe teen die berg afgedra. Hierdie terugtog het meer as nege uur geduur. Nadav het groot skade aan sy vingers op
Stephan Joubert
Sep 29, 2022


Christus is dieselfde, al verander alles
Geen handboek kon ons voorberei het op hierdie nuwe wêreld, waarbinne ons tans leef nie. Die Corona-virus het ons deel gemaak van ’n wêreld van konstante verandering. Die Europese denker, Zygmunt Baumann, het juis die term “liquid modernity” gebruik om ons onseker tydsgees mee te beskryf. Hiermee bedoel hy alles is aan’t vloei. Niks in die samelewing hou meer vir lank nie. Stelsels raak gouer in onbruik as die tyd wat dit geneem het om hulle op te rig.
Stephan Joubert
Sep 26, 2022


Ons lyf is nie ons eie nie
Die bekende Franse geleerde, Marcel Mauss (1872-150), het in 1934 ’n referaat gehou, wat vandag steeds oor verskillende kulture se idees oor die regte liggaamshoudings en gedrag aangehaal word. Mauss vertel onder andere in hierdie studie hoe Engelse soldate in die loopgrawe gedurende die eerste wêreldoorlog nie die grawe kon baasraak, waarmee Franse soldate, soos hyself, hulle loopgrawe gegrawe het nie. Toe moes daar inderhaas 8000 nuwe “Engelse” grawe vervaardig word.
Stephan Joubert
Sep 22, 2022


Ek het oorgenoeg van alles wat saak maak
Wanneer laas het jy gehoor dat mense sê hulle het genoeg? Ek bedoel genoeg geld, genoeg kos, genoeg inkomste, genoeg klere, veiligheid, vriende, tyd, vakansie, geloof, besittings, geleenthede, kennis, vryheid, geluk, gesondheid ...? Elke keer wanneer die vraag van genoeg ter sprake is, het niemand genoeg nie. Mense kort altyd nog iets … net nog ’n bietjie meer geld … net nog ’n bietjie meer tyd … net nog ’n ekstra kans. Net nog iets.
Stephan Joubert
Sep 19, 2022


Goeie klei in die hande van die Pottebakker
Jy word nie vanself fikser of sterker nie. Jy weet dit kos inspanning en harde werk. Dieselfde geld wat jou karaktervorming betref. Jou karakter groei nie outomaties Godwaarts nie. Jou karakter neem slegs die regte vorm aan deur aanhoudende gehoorsaamheid aan die Here se wil. Dit gebeur deur jou bewustelike keuses om God en ander mense lief te hê. Wanneer jy oor en oor kies om Hom voorop te stel en om ander mense raak te sien, word dit tweede natuur in jou lewe. Dan raak jy a
Stephan Joubert
Sep 15, 2022


Staan sterk tussen al die trappers
Nikita Khrushchev was vanaf 1958 tot 1964 die Russiese leier. Hy het die berugte diktator, Josef Stalin, opgevolg. Khrushchev is een keer in die middel van ’n toespraak deur ’n onbekende persoon in die gehooronderbreek. Hierdie persoon het hardop gevra hoekom Khrushchev nie vir Josef Stalin gestuit het, wat soveel onskuldiges se bloed vergiet het nie. Toe het Khrushchev blykbaar hard uitgeroep: “Wie het dit gesê?” Niemand het gewaag om te antwoord nie. Die gehoor was doodstil
Stephan Joubert
Sep 12, 2022


Jesus verloor alles om te wen
Tussen die jare 1904 -1906 was Ossip Bernstein die negende beste skaakspeler ter wêreld. In 1918 is hy in Moskou gearresteer, omdat hy geldelike advies aan vyande van die staat verskaf het. Toe is hy ter dood veroordeel. Die dag voor Bernstein se teregstelling het ’n senior offisier hom in die tronk herken. Hy het vir Bernstein tot ’n skaakwedstryd uitgedaag, met die belofte dat sy lewe gespaar sou word, indien hy sou wen. Bernstein het dit maklik reggekry. Sy lewe is gespaar
Stephan Joubert
Sep 8, 2022


Die Here los die ligte aan
“Ons los die ligte aan vir jou.” Onlangs het ek ‘n kolom, wat ek behartig in die Beeld, vertel hoe my ouers graag hierdie woord vir my gesê het as ek in die aand uitgegaan het. Trouens, dit was ’n normale opmerking in my ouerhuis. Hulle het dit ook gedoen. Elke slag wanneer ek tuis gekom het, was die ligte aan. Later het my vrou en ek dit ook spontaan vir ons kinders gesê en dit gedoen. My vrou sê dit nou nog vir my as ek in die aande iewers moet gaan praat.
Stephan Joubert
Sep 5, 2022


Dit maak nie saak wat ander mense van my dink nie, of doen dit?
Ek het al baie mense hoor sê hulle gee nie om wat ander van hulle dink nie. Dit is nie heeltemal waar nie, want die meeste doen. Studie op studie toon aan dat die meeste mense ’n diepgewortelde behoefte aan aanvaarding deur ander het, soveel so dat dit selfs onbewustelik gebeur. Iewers vertel Timothy Wilson, ’n Amerikaanse akademikus, wat navorsing oor groepsdruk gedoen het, hoe hy en sy vrou besluit het om hulle kind Christopher te noem, omdat hulle graag wou. Toe vind hulle
Stephan Joubert
Sep 1, 2022


Kies betyds 1 Korintiërs 13 se pad
Daar’s altyd meer vreemdelinge as bekendes rondom jou. Op die pad, in winkelsentrums, by sportgeleenthede, in die kerk … daar is meer onbekendes as bekendes! Hulle ken jou nie. Jy ken hulle ook nie. Julle weet nie wat in mekaar se harte leef nie. Of wat mekaar se motiewe of planne is nie. Daarom is daar nie aldag te veel vertroue in die lug tussen bekendes en onbekendes nie.
Stephan Joubert
Aug 29, 2022


Ek wag nie passief op die volgende vlug hemel toe nie
Jesus het ons nooit weggewens uit die wêreld nie. Nog minder het Hy ons uit die wêreld weggebid. Dit leer ons uit Sy gebed kort voor Sy kruisiging in Johannes 17. Hier in vers 15 bid Jesus as volg: “Ek vra nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.” Nee, Jesus wil nie hê dat ons passief in een of ander geestelike wagkamer moet rondsit en wag op die volgende vlug hemel toe nie. Hy bid ons terug na die lewe toe om Sy getuies hier te gaan w
Stephan Joubert
Aug 25, 2022


Vandag is ’n nuwe dag in Jesus se nabyheid
Vandag is ’n nuwe dag. Vandag verskuif die wêreld in die regte rigting. Vandag is die Here se nuwe dag. So vertel die Lukas-evangelie ten minste vier keer vir ons. Hierdie nuwe vandag breek aan, wanneer die engele in Lukas 2:10 bokant Betlehem uitroep: “Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!” Jesus se koms lei God se vandag in. Die Messias en die Verlosser van die wêreld se koms is gelyk aan God se nuwe vandag!
Stephan Joubert
Aug 22, 2022


God is regtig tevrede met jou, al deel party mense nie Sy gevoel nie
Jy stem gedurig saam met almal. Jy sê nooit nee vir enigiemand nie. Jy maak niemand kwaad nie. Jy vermy konflik ten alle koste. Jy hou mense tevrede. As dit bekend klink, is jy dalk besig om ’n “people pleaser” te word. Dan voel jy net goed as almal van jou hou, maar dan het jy slapelose nagte, indien een of twee mense jou kritiseer. Moenie dat so-iets met jou gebeur nie.
Stephan Joubert
Aug 18, 2022


Ons word dit, wat ons najaag
Hercule Poirot, die bekende speurder in die skryfster, Agatha Christie, se speurverhale, sê op ’n keer vir iemand: “Understand this, I mean to arrive at the truth. The truth is always curious and beautiful to seekers after it.”
Stephan Joubert
Aug 15, 2022


Van A-Z is my lewe genade-aangedrewe
Daardie goeie dinge, wat ons vir die Here moet doen, kry ons nie aldag gedoen nie. Ons struikel soms. Ons maak partykeer droog. Tog weet ons dit gee nooit aan ons die reg om in sondes rond te lê te nie. Inteendeel! Ons weet ons moet reg leef. Ons het geen verskoning as ons dit nie doen nie. Nogtans weet ons God het ons onvoorwaardelik lief. Daarom steun ons so swaar op Sy genade. Met alles in ons hou ons vas aan Hom, watons elke keer genadig is.
Stephan Joubert
Aug 11, 2022


Sit dit af, sit dit af!
So het Johannes Kerkorrel op sy dag gesing. Dit geld vandag nog, veral wat sosiale media betref. Selfone het te veel mense se nuwe base geword. Sosiale media het verander in baie mense se voltydse nuwe kuierplekke. “I’d rather text than talk” - dit is deesdae die kodefrase vir miljoene mense op die planeet. Digitale afstand is die nuwe veilige afstand tussen mekaar. Baie mense verkies om eerder per whatsapp met mekaar te gesels, as een tot een. Oog-tot-oogkontak is veels te e
Stephan Joubert
Aug 8, 2022


Respek onbeperk
Respek vir God en respek vir mense is een van die pilare, waarop die evangelie rus. Die Bybel omskryf dit ook met die meer bekende woord: liefde. Liefde is sinoniem met respek. Liefde is agting vir God en vir ander. Tog sukkel baie gelowiges hiermee, veral as hulle te doene kry met mense, wat nie in God glo nie of wat die Bybel afkraak. Hoe dan gemaak? Moet ons dan stilbly en maak asof sulke verkeerde dinge ons nie pla nie? Of moet ons sulke mense daar en dan op hulle plek si
Stephan Joubert
Aug 4, 2022


Krag vir daardie groot moegheid
Die lewe het nogal ‘n manier om krapmerke op jou liggaam en jou gees agter te laat. Jy kom dit op verskillende maniere agter. Jou lyf kreun en kraak al hoe meer terwyl die lewensjare meer word. Jy herstel nie so vinnig soos altyd na ‘n groot siekte nie. Jy beweeg ’n klein bietjie stadiger. Dit voel ook of jou geheue jou te veel kere in die steek laat. Tog gebeur dit nie net met mense wat ouer word nie. Jesaja 40 vertel vir ons dat selfs die jongmanne moeg en afgemat raak. Moe
Stephan Joubert
Aug 1, 2022


Die dwaasheid van die kruis is God se krag
As ekself ’n godsdiens moes uitdink, sou ek definitief nie die Christelike geloof uitgedink het nie. Jesus se aardse pad is net te vreemd, te vernederend, en te anders as dié van enige ander godsdiens. Paulus besef dit baie goed wanneer hy in 1 Korintiërs 1:18-25 skryf die kruis van Jesus is dwaasheid vir die Grieke, en aanstootlik vir die Jode. Die Grieke het geweet hulle gode kan eintlik nie ly onder hulle nie. Hulle gode is net te sterk en vol glorie. Die Jode weer het gem
Stephan Joubert
Jul 28, 2022


Hoe om vir langer as 14 dae gelukkig te wees
Abd al-Rahman III was die leier van Cordoba tussen die jare 912-961. Sy onderdane was baie lief vir hom. Sy vyande het hom gevrees. Hy was skatryk en magtig. Toe hy egter op 70 jarige ouderdom al die dae van sy lewe bymekaar tel wat oorgeloop het van geluk, kon hy slegs veertien sulke dae identifiseer. Wag! Briek net vir ’n oomblik en lees dit weer: Abd al-Rahman III kon net veertien super-gelukkige dae identifiseer in sy lewe, ten spyte van al sy rykdom en mag!
Stephan Joubert
Jul 25, 2022
bottom of page
