Kies jou vrae
- Stephan Joubert
- Sep 29
- 1 min read
“Niemand kon tot nou toe my vrae beantwoord nie, maar ek wil hoor wat sê jy.” In sulke tye weet ek ek gaan ook nie die regte antwoorde hê nie. Daarom probeer ek nie eens om op sulke vrae te reageer nie. Ek het geleer nie alle vrae benodig ’n antwoord nie. Vraagstellers se vrae kom soms uit ’n plek van veroordeling, of beterweterigheid. Dan is stilbly by verre die beste antwoord.
Ons moet leer by Jesus. Hy was stil voor sy vraagstellers daardie nag voor Sy kruisiging in Jerusalem. Hulle het Hom met hulle vrae probeer uitvang. Jesus het geweier om dit te beantwoord, behalwe een vraag. Dit was toe die hoëpriester wou weet of Hy die Seun van God is. Hierop het Hy ja gesê. Jesus was bereid om Sy vrae en antwoorde te kies. Hy het Homself nie teen vals beskuldigings verdedig nie, maar Hy was wel bereid om te sê wie Hyself is. Dit was ’n noodlottige antwoord, maar dit is die regte een. Hy was en is steeds die Seun van God. Ek leer by Hom watter vrae en antwoorde saakmaak.
Comments