Die lewe is nie ‘n projek nie
- Stephan Joubert
- Sep 22
- 1 min read
Die lewe is nie ‘n projek nie. Jy beplan projekte en bestuur dit, maar die lewe leef jy. Ja, jy kan beplan vir sekere dinge in die lewe. Jy kan beplan vir beroepskuiwe, vakansies, of vir jou aftrede, maar helaas kan jy nie jou eie lewe, of dié van jou geliefdes, haarfyn op ‘n tekenbord uitwerk en dit dan stelselmatig agterna leef nie.
Dis goed om goeie planne te hê, maar dis nog beter om die regte verhouding in plek te hê. Ek praat van ‘n goeie verhouding met die Here. Die lewe het net te veel onbeplande snelballe wat baie van jou planne laat skipbreuk ly. Die regte verhouding met Christus maak die lewe leefbaar. Wanneer Hy jou voltydse Reisgenoot is, hoef jy nie al die roetes en planne in detail te ken nie. Hy doen! Wanneer jou eie planne nie uitwerk soos wat dit moet nie, eindig jy dan nie in wanhoop nie. Hy is by jou. Jy leef jou lewe in ‘n verhouding met die Here. Dan wen Sy goeie plan met jou lewe.




Comments