top of page

Innerlike Gejaagdheid en sy boetie, Besigwees

Elmarie van der Westhuizen

“Daar was eenmaal ‘n man wat op safari sou gaan. Hy het egter te laat daar aangekom en die res van die safari span het reeds vertrek. Hy huur toe ‘n span draers en spoorsnyers in ‘n poging om hulle in te haal. “As ons vroeg begin en tot laat aanhou kan ons hulle inhaal” het hy sy spannetjie draers aangemoedig. Die eerste dag was hulle van vroeg tot laat aan die gang in ‘n poging om die Safari in te haal. “Kom julle more gaan ons hulle inhaal” was sy woorde voordat hulle die aand gaan slaap het. Die volgende dag was weer dieselfde pas - vroeg op en tot laatnag.

"Teen die die derde oggend staan hy gereed om weereens weg te spring, maar sien dat sy spannetjie rustig om die vuur sit. “Wat gaan aan?! Ons kan hulle inhaal! Spring aan die werk dat ons gaan!” Die leier van die draers se toe vir hom: “Ons gaan vandag nerens heen nie. Ons het die afgelope twee dae so vinnig geloop dat ons vandag gaan wag dat ons siel opvang met ons liggaam.” (Onbekend)

Sommige goed in die lewe kannie aangejaag word nie. Soos ‘n baba wat groei, die veroudering van wyn, die ontwikkeling van ‘n vriendskap, initimiteit met God. Dit vat tyd om te ontwikkel en te groei. Jesus was besig in Sy bediening hier op aarde – hy moes baie bereik in ‘n kort tyd. Tog was hy nooit gejaagd nie. Sy spoed was stap spoed.

John Ortberg vertel in sy boek, Soul Keeping: Caring for the Most Important Part of You , dat daar ‘n verskil is tussen besig wees en gejaagdheid. “Being busy is an outward condition, a condition of the body. It occurs when we have many things to do. Busyness is inevitable in modern culture. If you are alive today in North America, you are a busy person. . . . Being hurried is an inner condition, a condition of the soul. It means to be so preoccupied with myself and my life that I am unable to be fully present with God, with myself, and with other people. I am unable to occupy the present moment. Busyness migrates to hurry when we let it squeeze God out of our lives. . . . I cannot live in the kingdom of God with a hurried soul. I cannot rest in God with a hurried soul.”

Tyd, stilte, rustigheid en innerlike kalmte is nodig vir intimiteit met God. En liefdesdiens aan ons naaste. Jesus het ten spyte van ‘n besige aardse roeping tyd gemaak om in stilte afgesonder en alleen in gebed te wees. Hierdie kosbare tyd het hom versterk en toegerus om met Sy reddingswerk te kon voortgaan.

Wanneer ek innerlike gejaagdheid uit my lewe elimineer en besige tydperke met rus in Sy teenwoordigheid balanseer, kan ek weer my asem fisies en geestelik opvang. Dan kan ek ook soos Jesus, wat ten spyte van ‘n besige aardse roeping tyd gemaak het om in stilte afgesonder en alleen in gebed te wees, versterk en toegerus met my Hemelse opdrag voortgaan.


bottom of page