top of page

As Hy weer kom

  • Milanie Vosloo
  • Dec 29, 2017
  • 1 min read

“Sowaar, Ek is op pad. Ek kom gou.” Openbaring 22:20b

Daar word gereeld voorspellings gemaak oor wanneer die wederkoms kan wees. En dan wonder ons: Wanneer kom Christus? En hoe gaan dit wees as Hy uit die hemel neerdaal? Gaan ons Hom almal gelyktydig sien? En gaan van verskrik en vreesbevange wees? Miskien ... is al hierdie vrae die verkeerde vrae juis omdat ons nie antwoorde daarop gaan of hoef te kry nie? Dalk moet ons eerder ander vrae vra: Wíé is Hy wat kom?

Christus kom! Dis dié God wat as kind in die krip en Betlehem gekom het, as Verlosser aan die kruis gesterf het, as Oorwinnaar oor die dood opgestaan het en in elkeen van ons se harte gekom het ... Hy kom wanneer ek en jy die dag te sterwe kom. En Hy kom wanneer die wêreldse geskiedenis ten einde geloop het en elke mens van Hom gehoor het.

Hierdie Christus is die Een wat gekies het om aarde toe te kom en vir my en jou te kom sterf. Dis die Een wat gekies het om sy Gees te stuur om by ons te wees en dis die Een wat steeds vandag by die Vader vir ons intree en elke dag bid: Vader, vergewe haar, heilig haar ... want sy is myne. Ek het haar met my bloed gekoop.

Christus, die Een wat jóú gekies het, kom weer. Om jou te kom haal. Op sý tyd. En sý manier.

“Laat dit wees soos U se! Kom, Here Jesus!” Open. 22:20c


 
 
 

Kommentare


bottom of page