top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Moenie “on-gevraagd” leef nie
Milan Kundera skryf: “The only truly serious questions are ones that even a child can formulate.” Kinders vra baie vrae. Martin Harris, ’n b
Stephan Joubert
Feb 17


Vra jou vrae sonder om gedurig alles te bevraagteken
Die Nobelpryswenner en fisikus, Isidore RabI, vertel hoedat sy maats gedurende sy kinderjare gedurig na skool by hulle ouers een vraag gehoor het: “Wat het julle vandag geleer?” Sy ma het egter iets anders vir hom gevra: “Izzy, did you ask good questions today?” Om goeie vrae te vra, is om te groei. Om goeie vrae te vra, is om aanhoudend nuwe dinge te leer.
Stephan Joubert
May 8, 2023


Systap daardie dodelike duo
Wat as ek die volgende een is met wie iets sleg gebeur? Wat as dit nie reën nie? Wat as die onderwys in duie stort, die misdaad toeneem, kerke liberaal word…? Te veel mense bou hulle lewe op sulke “wat as”-scenarios. Hoe meer jy met sulke negatiewe scenarios werk, hoe meer wen dinge, soos kommer en negatiwiteit, in jou lewe. Natuurlik mag jy ook vrae oor die toekoms vra.
Stephan Joubert
Dec 1, 2022


“Onthou jy my?” Of is die vraag eerder: “Onthou Ek jou?”
“Onthou jy my?” Ek moet sê, ek vrees hierdie vraag. Dikwels moet ek al teenoor sulke vraagstellers erken dat my geheue my in die steek gelaat het. As ek in mense vasloop wat ek veronderstel is om te ken, maar ek doen nie, is ek aldag verleë. In elk geval, eendag in die toekoms gaan hierdie einste vraag: “onthou jy my?” baie gewild wees. Jesus sê in Matteus 7 dat baie mense hierdie vraag vir Hom gaan vra op die heel laaste dag. Hulle sal by Hom wil weet of Hy nog weet wie hull
Stephan Joubert
Jul 7, 2022


Gebed is nie ’n geestelike Google-soektog nie
Wanneer mense na informasie oor enigiets of enigiemand soek, Google hulle dit sommer. Derduisende treffe volg dan binne millisekondes. Wel, gebed is nie die hemelse teenvoeter vir Google, waar ons teen rekordspoed antwoorde moet kry op al ons vrae nie. Ons storm nie by die hemelse troonsaal in met die doel om elke keer daar weg te loop met ’n gebedverhoring binne ’n nuwe rekordtyd nie. Nog minder is gebed 'n geestelike telbord, waar ons telling hou van al ons antwoorde. Of ‘n
Stephan Joubert
Jan 27, 2022


Die vraag is nie of dit maklik is nie - die vraag is of dit reg is!
1 Petrus 2:21 is ’n kanonteks. Petrus praat hier padlangs met Christene, wat as huishoudelike slawe in mense se huise werk. Dit was geen lekker werk nie. Allermins. Huishoudelike slawe het nie aan hulleself behoort nie. Hulle was die besittings van hul eienaars, wat hulle vir geld gekoop het. Vir sulke benadeelde Christene het Petrus ’n woord van die Here af. Hy leer vir hulle dat Christus vir ons almal gely het en dat Hy vir ons ’n voorbeeld nagelaat het sodat ons in Sy voet
Stephan Joubert
Jan 20, 2022


Het Jesus dalk afgetree?
Toe ek een keer in my kinderdae vir my oupa vra wat hy doen, het hy geantwoord: “Nie te veel nie, want ek is met pensioen.” Ek het nie verstaan wat dit beteken nie. Toe verduidelik my oupa vir my dat hy afgetree het. Dadelik vra ek toe vir hom of Jesus ook op pensioen is. Hy wou weet hoekom ek so iets vra. Ek het toe verduidelik dat dominee vir ons vertel het Jesus se werk was afgehandel, nadat Hy aan die kruis gesterf het. “Dit is hoekom Hy nou met pensioen in die hemel moet
Stephan Joubert
Jun 14, 2021


Informasie is nog lank nie wysheid nie
“Wat is die doel van die lewe?” vra iemand in ‘n fliek. “Ek weet nie, maar Google dit gou, dan het jy die antwoord,” hoor hy toe by sy vriend. Inderdaad het die internet almal se kits-antwoordverskaffer geword. Dit is ons buitebrein, ons “outboard brain”, soos wat iemand skryf. “Vir wat moet ons so baie feite onthou? Ons kort net wifi, dan is al die antwoorde binne ons bereik,” reken ’n ander skrywer. Wel, daar is een groot probleem hiermee - informasie is nog lank nie wyshei
Stephan Joubert
Jun 3, 2021


Die vraag is nie of dit maklik is nie…
Dit is nie aldag maklik om ’n Christen te wees nie. Baie mense sê dit. Jesus stem saam. Trouens, Hy het ’n paar keer gesê mens moet dit juis ook weet voordat jy kies om Hom te volg. In Lukas 14 vertel Hy padlangs dat mens die prys van dissipelskap vooraf moet bereken. Iemand wat ’n gebou oprig moet tog voor die tyd bereken of hy genoeg geld en boumateriaal het.
Stephan Joubert
Jun 18, 2020


Systap daardie dodelike twee
Wat as daar nie gou ’n teenmiddel teen die korona virus gevind word nie?” “Wat as ek ook alles gaan verloor in hierdie tyd?” “Wat as laer vlakke van grendeltyd nie binnekort aanbreek nie?” “Wat as die onderwys in duie stort; misdaad toeneem; kerke liberaal word…? Te veel mense bou hulle lewe op sulke “wat as” of “what-if” scenarios. Hoe meer jy egter met negatiewe scenarios soos hierdie werk, hoe meer wen bekommernis en onsekerheid in jou lewe.
Stephan Joubert
May 25, 2020


Hoe om anderkant die “bubble wrap” vir Jesus te leef (... en goed te getuig)
Ek weet nie wat is die regte woord vir “bubble wrap” in Afrikaans nie. Maar jy weet waarvan ek praat. Ek bedoel daardie plastiese verpakking
Stephan Joubert
Feb 10, 2020
bottom of page
