top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


In die smeltkroes van swaarkry
Gedurende ‘n tyd van verandering, aanpassing, besigwees en ‘n ou infeksietjie op die koop toe, was Gerard Kelly se gedig “Furnace” vir my persoonlik ‘n tydige herinnering. “In your furnace, my faith is formed.” Wat ’n wonderlike troos is dit nie! Ek het ‘n liefdevolle, alwyse, magtige hemelse Vader, wat ‘n oog oor my hou, terwyl ek in die smeltkroes van ‘n krisistyd is. Hy weet hoeveel ek kan vat, hoeveel “hitte” nodig is om my geloof te suiwer sodat ek sterker en wyser ander
Alet Gardner
Nov 19


Eensaamheid en Alleenheid hierdie Kerstyd
Met die aanbreek van die Kersseisoen mag ék dalk die eensame een wees of dalk dié een, wat iemand anders se eensaamheid raaksien. Ontstel ek
Elmarie van der Westhuizen
Dec 6, 2023


Ons weier dat hoop verlore raak wanneer oorlog opdaag
“I’m fed up to the ears with old men dreaming up wars for young men to die in.” So het George McGovern gesê. Inderdaad! Ons harte skeur as ons sien watter wreedhede in die Oekraïne gepleeg word. Niemand is ooit wenners, wanneer oorlog uitbreek nie. Die grootste verloorders is uiteindelik al die onskuldiges, wat in die kruisvuur beland. Dit herinner my aan die tragiese woorde van Openbaring 18:22-24, wat vertel hoedat oorlog alle skoonheid vernietig.
Stephan Joubert
May 5, 2022


God trek nie klipharde strepies nie
“Die mens se dae is vasgestel, U het die getal van sy jare bepaal. U het dit neergelê en hy kan dit nie oorskry nie.” So sê Job in Job 14:5. Nee, dit is nie een of ander Bybelse leerstuk, wat Job hier uitspel nie. Inteendeel! Hy is in hoofstuk 14 besig om God aan te kla. Hy meen God is onregverdig, want Hy het blykbaar een of ander onwrikbare plan in plek, waarvan Job die slagoffer is. Job voel hy is soos ’n marionet aan ’n toutjie in God se hande. Dit lyk vir hom of God doen
Stephan Joubert
Oct 11, 2021


Verlies en die menslike toestand
Verlies hang soos ’n grou, digte mis oor die mensdom. Nie net verlies aan geliefdes nie, maar verlies aan gesondheid, vryheid van beweging en finansiële stabiliteit. Ook beheer oor emosies, hoop en somtyds geloof. Dan is daar die skreiende verlies aan menslike kontak en aanraking. Selfs die algemene verlies aan “common sense”, takt en begrip wanneer brandpunte bespreek word.
Liezel Lüneburg
Oct 5, 2021


Oppas vir “ligte troos”
Iemand vertel by ’n groot ete hy het pas sy beursie verloor met baie geld daarin. Almal simpatiseer met hom. Iemand sê toe iets goeds sal hieruit voortspruit. “Wat nogal?” vra iemand anders. “Alles werk maar ten goede uit,” kom sy antwoord. “Ja, jy is reg. Iets goed sal hieruit voortspruit as jy uit jou sak die geld vir hierdie arme man teruggee,” sê die omgekrapte. Toe is “alles wat ten goede moet werk” ook daarmee heen. Hierdie voorstel is gou-gou doodgepraat.
Stephan Joubert
Sep 30, 2021


As die dood te volop raak…
Vroeër was die dood nie so volop en so naby as tans met die derde golf van die Covid-pandemie nie. Ons almal beleef skielik hoe geliefdes en vriende rondom ons sterf. Ons beleef hoe baie mense veg vir hulle lewens. Daarom is dit nodig dat ons as gelowiges in hierdie tyd reg oor die lewe en die dood moet dink, soos wat die Nuwe Testament hieroor skryf:Die dood is nie vir God ‘n verleentheid nie. Christus hou die sleutels van die dood in Sy eie hand vas. (Op. 1:17 - 18)
Stephan Joubert
Aug 5, 2021


Veilige mense asook die regte reisgenote is God se lewende geskenke aan jou
Dit is nie aldag dat mense vir mekaar sê: “Ek voel veilig by jou nie!” Dit lyk my veilige mense is omtrent ewe skaars as veilige plekke hier in ons land. Veilige mense is diegene by wie jy jou hart groot kan oopmaak. By wie jy net jouself kan wees. Dit is diegene by wie jy jou hart kan uitstort sonder om bang te wees hulle sal dit aan ander gaan oorvertel. Sulke mense is kosbaarder as goud. Hulle is die Here se geskenke, wanneer die lewe hard en swaar is. Hulle is die Here se
Stephan Joubert
Feb 15, 2021


Help, ek sit op die ashoop!
In Paraguay is daar ‘n arm gemeenskap wat letterlik op ‘n vullishoop bly. Daagliks word daar meer as 1500 ton vullis op hierdie ashoop gegooi. Die arm mense van hierdie gemeenskap maak ‘n lewe daaruit om weggooigoed wat herwin kan word, bymekaar te maak en te verkoop. Hierdie gemeenskap is ook baie bekend vir hulle orkes. Ja, jy het reg gehoor! Dit is nie ‘n gewone filharmoniese orkes met duur Stradivarius viole nie, maar ‘n kinderorkes wat op instrumente speel wat van afvalm
Helena Smith
May 19, 2020
bottom of page
