top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Handhaaf ’n gesonde volgafstand in ander se lewens
“Hands off!” “Hou jou afstand!” Ek moes hierdie les al ’n paar kere op die harde manier leer. Ek raak net te betrokke by ander mense se lewens. Ek wil graag hê hulle moet slaag. Ek wil nie hê hulle moet swaarkry of sukkel nie. Maar ek moes ook leer dat mense graag hulle eie stem wil behou. Hulle wil voel dat dit wat hulle bereik, ook te danke is aan hulle eie pogings en harde werk. Wanneer ander te betrokke raak by hulle eie projekte of aktiwiteite, voel dit later asof hulle
Stephan Joubert
4 days ago


Tel jou woorde, tel hul een vir een
Om een of ander rede meen sommige mense dat “mondsondes”, soos kwaadpraat, goor taal en skinder nie so ernstig is soos daardie eintlike “groot sondes” soos owerspel, korrupsie of dronkenskap nie. Daar is al wie weet hoeveel kerklike verslae opgestel oor die jongste openbare sondes van die dag. Maar, vreemd genoeg, beskou godsdienstiges dit nooit eintlik as ‘n ramp, wanneer mense orals van mekaar kwaadpraat of mekaar met hulle skerp tonge aan flarde skeur nie. In hierdie tyd v
Stephan Joubert
Feb 4, 2021


Gepaste gebooie vir ons aangepaste “normale“ lewe
Ons almal is deur die coronavirus gedwing om ’n groot deel van ons lewe op sosiale mediaplatforms deur te bring. Baie van ons se besighede, kuiers en kerk het hierheen geskuif. Sosiale media is nie net digitale pleisters tot alles weer na “normaal” terugkeer nie. Leer daarom om dit reg te gebruik, want dit gaan deel van ons realiteit in die toekoms wees.
Stephan Joubert
Oct 15, 2020
bottom of page
