top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Ligloop vir vals vryhede
Die Gees het ons vrygemaak. Ons is lankal nie meer die mense, wat ons vroeër was nie. Gister se gemors is vir goed verby. Vandag is hier, die Here se vandag. Maar dit beteken nie ons het die vryheid om te doen wat ons wil nie. Allermins. Ook het ons nie die vryheid om ons nou besig te hou met beuselagtighede nie. Daarom kan ons nie, soos sommige Korintiërs, onsself troos met ‘n valse gerustheid dat alles nou wettig is vir ons nie. Want, sê Paulus, nie alles is noodwendig nutt
Stephan Joubert
Mar 26, 2021


Vermy binnegevegte
Konflik is ‘n onnodige maar lastige probleem in die kerk. Soms is dit direk, openlik en ander kere weer onder die oppervlak, latent. Daar’s te veel hiervan in kerklike kringe. Dit hoort nie tussen Geesgevulde mense tuis nie. Nee, Christene hoef nie altyd saam te stem nie. Dis vals. Mense verskil een of ander tyd. Maar die vraag is hoe ons verskil. Gee ons aan mekaar ruimte om ons opinies te lug en op ‘n geestelik volwasse manier vir mekaar te sê ons stem nie saam nie? Of gaan
Stephan Joubert
Feb 26, 2021


Geniet ook die Gees se daaglikse versorging
My pa het dikwels vir my gesê: ‘Eet stadiger. Geniet jou kos!’ Ek het dikwels gewonder hoekom hy dit vir my sê, maar toe ek groter word, het ek opgelet hoe hy sy kos geniet. Dit was asof hy homself afgeskakel het van almal rondom hom, terwyl hy die tekstuur van elke happie kos geproe en veugdevol geëet het.
Stephan Joubert
Jan 29, 2021


Die hemelse Bouer het die tender op jou lewe aanvaar - lewenslank!
Die Here werk anders as aardse bouers. As Hy die dag die tender op jou lewe uitgereik het om daar te kom bou en die tender ook aanvaar, dan kan jy maar weet: Hy verskuif nooit weer nie! Die Here werk lewenslank aan elke aardse bouperseel van Hom. Nooit hou Hy op om te beitel aan jou lewe nie, ook nie aan ander Christene s’n, waar Hy reeds werkspersele ingerig het nie. Op elke gelowige se aardse bouperseel is daar ‘n permanente hemelse bouprojek aan die gang. Nuwe geestelike k
Stephan Joubert
Jan 15, 2021


Al timmerend!
N. P. van Wyk Louw het iewers ’n aangrypende gedig oor ’n beiteltjie geskryf. Hierin vertel hy van ‘n klein beiteltjie wat aan ’n groot rots kap. Aanvanklik lyk dit nie asof die beiteltjie hond haaraf met die stuk klip gaan maak nie. Dan, uit die bloute, breek dit in duisende stukke. Ongesiens het die aanhoudende gekap van die beitel sy werk gedoen. Die Heilige Gees werk ook so. Hy kap dikwels stilweg, maar aanhoudend in mense se lewens.
Stephan Joubert
Dec 25, 2020


Moenie ‘n geheime lewe leef nie
Dis verstommend hoeveel mense se geheime lewens deesdae op een of ander manier op die lappe kom. Jy kan nie die TV of radio aanskakel nie, of jy hoor van een of ander persoon wat vir dekades bedrog gepleeg het, of van een of ander indiwidu, wat jare lank seksuele oortredings gepleeg het. Hoe is dit moontlik dat mense lank met twee lewens kan wegkom? Ek weet nie, maar wat ek wel weet, is dat jy dit nie met God moet probeer nie. Hy laat dit nie toe nie!
Stephan Joubert
Oct 9, 2020


Leeg van myself
‘The world revolves around me.’ Dit lees ek onlangs op die T-hemp van iemand anders. Ware woorde vir te veel mense. Dit gaan net oor onsself. Godsdiens bevry mense nie noodwendig van selfsug nie, soos wat ons gister ook gesien het. Baie misbruik maar net godsdiens om al die aandag op hulleself te hou. Dit gaan oor hulle groot getuienisse; hulle suksesse op die Here se pad en oor alles wat hulle vir die Here doen. Daar’s heeltemal te veel sulke “Christelike celebrities’ tussen
Stephan Joubert
Jun 5, 2020


Ontsag wys die Gees is hier
Toe die Gees die Jerusalemgemeente oorspoel het, het daar ‘n nuwe leefstyl tussen hulle posgevat. Hulle was van meet af toegewyd aan God en aan mekaar. Hulle liefde vir die Here en ander mense was voelbaar, proebaar en sienbaar. Maar dit was veral hulle ontsag vir God wat soos ‘n paal bo water uitgestaan het.
Stephan Joubert
May 29, 2020
bottom of page